Leesplan inligting

Die Toegeruste KerkVoorbeeld

The Empowered Church

DAG 6 VAN 8

Kan jy jou 'n wêreld voorstel wat nie meer onder die mag en teenwoordigheid van sonde is nie? Slegs God se verlossing maak hierdie gedagte 'n werklikheid. 



Alhoewel ons tans in 'n gevalle wêreld leef, is God se verlossing reeds behaal deur Christus se offer aan die kruis, maar nog nie voltooi nie. 



In die Bybel sien ons herhaalde kere dat God belowe om by sy mense te bly, verhoudings te herstel en 'n einde aan die dood, rou en pyn te bring. Terwyl ons op God se verlossing wag, moet ons onsself afvra: "as wie word ons as Christene geroep om in hierdie gevalle wêreld te leef?" 



Hier op aarde, waar ons 'n deel vorm van God se koninkryk, selfs in die teenwoordigheid van sonde, is ons geroepe om ons wêreld te vorm sodat dit meer soos die hemel en soos God sal lyk. Alhoewel ons nooit onsself kan verlos nie, word ons as gelowiges, wat op Christus se wederkoms wag, tot optrede geroep.



Te midde van 'n wêreldwye pandemie is dit maklik om jouself van die kwesbares af te sonder, te diskrimineer en eenvoudig te ignoreer, weens ons vrese en bekommernisse. Tog, as verloste kinders, moet ons die selfsugtige ambisie wat ongeregtigheid laat voortbestaan, opsy skuif en met deernis optree teenoor diegene wat in nood is. 



Baie mense glo dat hierdie roeping slegs uit materiële dinge bestaan, maar as ons God se belofte van verlossing van nader bekyk, sien ons dat dit meer as net materialisme is en erkenning gee aan die interne stryd van sy volk. As ons God se belofte van verlossing as ons voorbeeld beskou, moet ons enige sondige kringloop verbreek wat pyn, onderdrukking en gebrokenheid veroorsaak.



Gedurende hierdie tyd moet ons, wat na God se beeld geskape is, erkenning gee aan die krag van Christus om ons huidige omstandighede te vorm. Ons moet in dapperheid probeer om ons verhoudings met mekaar op aarde te herstel, maar ook help om mense met God te versoen en herstel te bring. 



As beelddraers van Christus, behoort ons herskep te word deur die erkenning van wie Hy is, sodat ander vir God kan sien in alles wat ons doen. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Empowered Church

Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roep...

More

Ons bedank Tearfund.org vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek: https://www.tearfundusa.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid