Leesplan inligting

Die Toegeruste KerkVoorbeeld

The Empowered Church

DAG 3 VAN 8

 “Geloof weet nooit waarheen dit gelei word nie, maar ken en is lief vir die Een wat lei ... Die geloofslewe is nie 'n lewe waarin jy hoog met vlerke opstyg nie, maar 'n pad waarop jy vasberade stap sonder om moeg en flou te word. Dit is nie 'n kwessie van heiligmaking nie; maar van iets veel meer as heiligmaking, van geloof wat beproef en bewys is en die toets deurstaan het." 

— Oswald Chambers, My Utmost for His Highest



Voordat Jesus na die hemel opgevaar het, het Hy aan diegene wat Hom gevolg het, 'n erfenis belowe: 'n gids, advokaat en trooster. Deur die Heilige Gees te stuur, het Hy ons voorsien van 'n inwonende metgesel om geestelike waarhede te openbaar, ons in geregtigheid te lei en ons in staat te stel om sy roeping in ons lewens te vervul — 'n roeping wat beide afsonderlik en gesamentlik is.



Jou Afsonderlike Roeping — in die evangelie van Johannes is opgeteken dat Jesus vir 'n skare op die Olyfberg gesê het: "Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: 'As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels: en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak'" (Johannes 8: 31).



"Om te bly" (meno in Grieks) beteken om te wag, vertoef, of aan te hou. Jesus roep vir my om in Hom te bly. Wanneer ek op Hom gefokus bly, deur sy Woord gereinig word en toelaat dat sy waarheid my vertroos en voed, bly ek in Hom. Alle ander dinge vloei daaruit voort. 



Ons Gesamentlike Roeping — Jesus roep die kerk om deel te wees van God se opdrag om die hele skepping te herstel. In sy bediening het Jesus God se liefde deur sy woorde, optrede en karakter gedeel. Dit alles om die lewens van die mense wat Hy ontmoet het, te herskep op dié wyse wat hulle dit die nodigste gehad het.



Soms het dit tot genesing gelei; soms het dit beteken om hulle te voed, en soms om met hulle te gesels oor die dinge in hul lewens wat verkeerd was. Hy het waardering gehad vir die mense wat Hy ontmoet het en hulle gedien sodat hulle in staat was om 'n voller lewe te begin leef. Hy het ook sy dissipels opdrag gegee: "Gaan maak julle ook so". 



Jesus se lewe wys ons hoe herstelde verhoudings en lewe in die koninkryk van God behoort te lyk. As Christene is ons geroepe om Jesus se voorbeeld te volg. Hy het dit eenvoudig so verduidelik: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself."



Jesus se oproep om God en ons naaste lief te hê, stel ons voor die keuse: sal ons gehoorsaam wees? Sal ons doelbewus so optree om eer aan God te bring? Sal ons kies om ander eerder as onsself te dien? Sal ons 'n lewe van liefde lei wat God se roeping in ons lewens weerspieël? 



Ons is die liggaam van Christus, verander om meer soos Hy te wees en om die dinge te doen wat Hy gedoen het, deur die krag van die Heilige Gees, ons helper in ons geloofsreis om meer soos Christus te wees. Wat 'n ryke erfenis!


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Empowered Church

Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roep...

More

Ons bedank Tearfund.org vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek: https://www.tearfundusa.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid