Leesplan inligting

Die Toegeruste KerkVoorbeeld

The Empowered Church

DAG 4 VAN 8

In die evangelie van Lukas, verwys Jesus na die heel belangrikste opdrag. Dit behels hoofsaaklik twee belangrike bevele en beide het een funksie: om lief te hê. Met liefde het Jesus bedoel dat dit as die kernbegrip moet dien om God en ons hoë roeping voor Hom te verstaan. 



Ons verstaan ​​liefde: dis geduldig, goedhartig, medelydend. Dit beskerm en volhard; dit verander nooit nie. Deesdae moet ons egter herdefinieer wie ons naaste is. 



Dit is ook presies die volgende vraag wat in hierdie Skrifgedeelte aan Jesus gevra word. Om dit te verduidelik, deel Jesus die gelykenis van die barmhartige Samaritaan met hulle. 



Hy vertel die verhaal van 'n jong man wat op sy reis vanaf Jerusalem deur rowers oorval word. Die diewe vat al sy besittings, slaan hom en laat hom halfdood langs die pad lê. Naak en gewond is die man alleen in sy lyding. 'n Samaritaan wat langs dieselfde roete reis, sien die arme man en is só gevul met medelye, dat hy die man help. Hy versorg sy wonde en voorsien aan hom skuiling om te herstel. Jesus verklaar dan dat die barmhartige Samaritaan die een is wat die man as sy naaste behandel het.



Ons word net so geroep om met liefde te reageer teenoor diegene wat ly. Wanneer ons mense sien wat honger en dors is, wat hul huise en lewensmiddele ​​verloor het, wat slagoffers van onreg is, wat deur geweld en oorlog getref is, moet ons hulle nie ignoreer en anderpad kyk nie. 



Ons word geroep om te sorg en te voorsien aan diegene in nood. Sulke optrede is die tasbare vertoon van liefde wat die goedheid van God weerspieël. 



Die pragtige resultaat van sulke liefde en vriendelikheid is dit: wanneer ons God toelaat om op hierdie wyse deur ons te werk en ons wil in ooreenstemming met sy Woord bring, laat ons die Gees van God toe om al wyer in ons lewens uit te kring en ook na die lewens van diegene wat ons pad kruis. Ons bou dus aan sy koninkryk en skep ruimte vir sy liefde en goedheid om te heers, eerder as selfsug en bedrog. Ons laat toe dat lig tot in die donkerste dele van ons wêreld klief.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Empowered Church

Mense is meer as ooit daarvan bewus dat ons ten diepste aan mekaar verbonde is. Hierdie unieke tyd is 'n geleentheid vir ons om na te dink oor hoe ons in mekaar se lyding deel, om ons fokus op God te plaas en tot 'n roep...

More

Ons bedank Tearfund.org vir die voorsiening van hierdie leesplan. Besoek: https://www.tearfundusa.org/ vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid