Leesplan inligting

Begin WeerVoorbeeld

Begin Again

DAG 7 VAN 7

Die Samaritaanse Verlosser



Hier is 'n lewensreddende feit: 'n Persoon wat besig is om te verdrink is sy eie grootste vyand. Terwyl hulle nog genoeg energie het om in die water rond te spartel, moenie eers nader gaan nie. Hulle is in 'n toestand van paniek en sal jou vasgryp en albei van julle laat verdrink. Wag eers totdat hulle al hul energie opgebruik het. Eers dan is hulle gereed vir jou om hulle te red. Dieselfde geld vir enigiemand wat die Verlosser in hulle lewe dringend nodig het.



Lees weer Lukas 10:25-37. Die vraag: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Het Jesus gesê dat jy net 'n "goeie naaste" moet wees en jy sal gered word? Wees 'n Moeder Teresa? Nee, ons kan nie vrygespreek word deur die wet te gehoorsaam nie (Lees Romeine 3:20). Die dryfkrag van Jesus se lering was om sy gehoor voortdurend aan te spoor na die onvermydelike gevolgtrekking dat hulle enigste hoop op verlossing 'n Verlosser was.



“Wees julle dan volmaak, soos julle hemelse Vader volmaak is”

(Matteus 5:48).



“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe al sterwe hy ook” (Johannes 11:25).



“Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Johannes 14:6).



Lukas 10: 27 sê: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” Hoe lyk dit om jou naaste regtig lief te hê? Ongelooflik onbaatsugtig, opofferend en in stryd met kultuur en gesonde verstand.



“Gaan maak jy ook so” (Lukas 10:37) beteken byna om dit sonder oponthoud te doen. Die soort liefde vir jou naaste wat God vereis – as ons deur die wet vrygespreek wil word. Wie is dit wat barmhartigheid bewys? “Godsdienstige mense” Soos die priester of Leviet?

Jou godsdiens sal jou nie red nie! Die mees onwaarskynlike persoon, 'n Samaritaan, blyk die Verlosser te wees.



Het jy al ooit wanhopig gevoel in die sloot? Het jy al soortgelyke woorde aan die Samaritaanse Verlosser uitgeroep omdat jy weet, Hy is jou laaste hoop?



“Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” Blinde Bartimeus

(Markus 10:47).



“Ek soek U, o God, my God, ek dors na U, ek smag na U soos in 'n dor en droë land, ‘n land sonder water”

(Psalm 63:2).



Ken jy iemand wat steeds weier om Christus te aanvaar omdat Hy die onwaarskynlike antwoord op hulle wêreldse en tydelike behoeftes is? ‘n Familielid of vriend na wie jy al so lank uitreik. Hoekom neem jy nie tyd om nou vir hom of haar te bid nie.



Soos 'n persoon wat deur 'n donker, klam vallei gaan met 'n vuurhoutjie in die hand. Al probeer hy ook hoe hard, alles is te nat om aan die brand te steek. Wanneer jy egter bid, begin die wind van die Gees waai en die vogtigheid droog op. Meteens is daar 'n verandering! Die vuur begin brand in die harte van plaaslike mans en vroue – en hulle dra dit oor aan ander – totdat die hele vallei aan die brand is met God! Dit is die belangrikheid van gebed.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Begin Again

Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vi...

More

Baie dankie aan Mnr. Boris Joaquin, President en Hoof Vaardigheid Beampte van Breakthrough Leadership Management Consultancy. Hy is 'n meester afrigter en hooggeplaaste spreker vir leierskap programme en ander sagte vaardighede in die Filippyne. Tesame met sy vrou, Michelle Joaquin, het hy hierdie leesplan voorsien. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.theprojectpurpose.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid