Leesplan inligting

Begin WeerVoorbeeld

Begin Again

DAG 6 VAN 7

Die Barmhartige Samaritaan



Ek gaan probeer om die storie oor te vertel deur dit in ‘n meer hedendaagse konteks te plaas:



‘n Suid-Afrikaanse man reis van Johannesburg na Durban. Hy word beroof, geslaan en gestroop van alles, selfs sy klere. Daar kom 'n priester en pastoor verby. Nie een van hulle het gestop om die ernstige beseerde Suid-Afrikaner te help nie. Hier het ek besef dat godsdiens jou nie sal red nie!



Dan kom 'n 60-jarige Nigeriese man met MIV-vigs en oop sere om sy mond. Hy ontferm hom oor die Suid-Afrikaanse man in die sloot en help hom. Met watter man identifiseer jy? – die Nigeriese man met vigs of die Suid-Afrikaner in die sloot?



Jode het 'n baie lae siening van Samaritane gehad – ‘n onrein gekruisde ras, nie beter as 'n siek hond nie. Volgens gevestigde gebruike sou 'n Samaritaan die laaste een wees wat jy sou verwag om vir 'n Jood te stop.



Inteendeel, as die man in die sloot enige energie oorgehad het, sou hy heel waarskynlik vir die Samaritaan gesê het: "Nee! Moenie aan my raak nie! Ek kan vir myself sorg ...” Die laaste ding wat hy sou wou hê, is om deur 'n onrein Samaritaan aangeraak te word.



Menigmaal sal die aanbod gemaak word, maar soos 'n trotse Jood in die sloot, sal hulle die hulp van 'n Samaritaan weier wat hom kan red.





God werk dikwels op onverwagte maniere deur onwaarskynlike mense.



Dit neem nie lank om te besef dat die wetgeleerde gelaat is met die besef dat:

Ek die hopelose Jood in die sloot is! Al my pogings om goed genoeg te wees om die ewige lewe te beërwe, is soos flenter lappe! Ek sal nooit goed genoeg wees nie!

Ek is 'n hopelose geval! Amper doodgeslaan, beroof en gestroop.

Tensy Iemand kom om my te red, is dit klaar met my!



Die Satan kom om te steel, dood te maak en te vernietig, maar Jesus het gekom sodat ons lewe kan hê en dit in oorvloed!



Hierdie wetgeleerde se enigste hoop om die ewige lewe te beërwe, is – geloof in die onwaarskynlike Messias, Jesus van Nasaret. Hierdie Jesus wat aan 'n kruis sou sterf. Weet jy dat elkeen wat aan 'n kruis sterf, as vervloek beskou word? Hoe kan 'n Verlosser van ‘n vervloekte kruis kom?



♥ Jy het Jesus nodig, die Samaritaanse Verlosser, inwonend binne-in jou en wat jou in staat stel om jou naaste lief te hê soos jouself.



Oproep tot aksie:

(1) Roep Jesus vandag aan vir verlossing. Hy wag vir jou om te erken dat jy so hulpeloos en hopeloos is soos daardie man in die sloot. Hy het na jou toe gekom en aangebied om jou te help, maar jy het sy hulp geweier. Vandag is jou dag! Roep Hom aan! Jesus, Seun van Dawid, wees my genadig! “... elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” (Handelinge 2:21).



(2) Roep vandag uit na Jesus vir rus. “Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee ... julle sal rus kry vir julle gemoed” (Matteus 11:28-30)

Laat Hom die wyn en die olie uitstort vir reiniging en genesing. Laat Hy jou bring na 'n plek van rus — om jou in groen weivelde te laat lê.



(3) Roep vandag uit na Jesus om jouself te verbind om te dien en ag te slaan op sy roeping.

“Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle ...” (Lukas 10:2-3).

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Begin Again

Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vi...

More

Baie dankie aan Mnr. Boris Joaquin, President en Hoof Vaardigheid Beampte van Breakthrough Leadership Management Consultancy. Hy is 'n meester afrigter en hooggeplaaste spreker vir leierskap programme en ander sagte vaardighede in die Filippyne. Tesame met sy vrou, Michelle Joaquin, het hy hierdie leesplan voorsien. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.theprojectpurpose.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid