Leesplan inligting

Begin WeerVoorbeeld

Begin Again

DAG 5 VAN 7

“Noodtoestand” Die Wederkoms



As ons om ons kyk na natuurrampe soos aardbewings en tsoenami's, politieke onstabiliteit en onrus, selfmoordbomaanvallers en terroriste-aanvalle, is dit maklik om te voel dat ons in 'n "noodtoestand" is. Daar is baie onsekerheid oor die toekoms. Ons weet hierdie egter vir seker: Jesus kom weer en die wêreld sal deur vuur vernietig word.



Terwyl ons sien hoe nasies "noodtoestande" in verskillende situasies verklaar, kom ons kyk of ons geestelik in 'n "noodtoestand" moet wees terwyl ons voorberei vir die wederkoms van Jesus!



In 2 Petrus 3:1-13 sê Petrus vir ons dat die belofte dat Jesus weer sal kom, nog vervul sal word. Wat sê Petrus sal in vers 10 met hierdie aarde gebeur? Die wêreld sal deur vuur vernietig word. Lees weer vers 8. Wat dink jy beteken dit?



Volgens vers 9, waarom wag God om sy belofte te vervul om weer te kom en die aarde te vernietig? Omdat Hy nie wil hê dat enigeen verlore moet gaan nie. Die enigste rede waarom God hierdie finale gebeurtenis van die wêreldgeskiedenis vertraag, is sy begeerte dat niemand moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering sal kom.



Lees vers 14. Die sekerheid van Jesus se wederkoms en die vernietiging van die wêreld deur vuur moet die manier waarop ons ons daaglikse lewens leef, beïnvloed. Wat sê hierdie vers hoe ons lewens moet wees? Ons moet vlekkeloos, onberispelik en in vrede met Hom wees. Dit is ons roeping om weer te begin. Om opnuut te begin.



As jy vir seker geweet het dat die wederkoms oor drie maande van vandag af sou gebeur, wat sou jy anders doen? Gee 'n paar voorbeelde van dinge wat jy waarskynlik sal ophou doen en dinge wat jy sou begin doen.



Lees weer vers 14. As jy nadink oor die manier waarop jy jou lewe leef, wat is 'n paar dinge wat jy moet doen om “in vrede met God" te wees?



Met dit alles in gedagte, is jy gereed om Hom te ontmoet? Indien nie, sal ek sekerlik gereed maak! Wanneer ons so 'n boodskap hoor, behoort dit verlore mense te laat dink aan die verskriklike gevaar waarin hulle verkeer en hulle berouvol na Christus laat draai. Soos vers 10 ons herinner; wanneer Hy kom, sal dit 'n skielike gebeurtenis wees!



Laat ons dus ons harte ondersoek en as daar kwessies is wat opgelos moet word, laat ons dit na Jesus bring sodat ons voorbereid is vir die vlug. Want Jesus kom weer.



Hierdie waarhede moet die harte van gelowiges roer en maak dat ons so na aan Jesus wil kom as wat ons kan, sodat ons in die oorblywende tyd deur Hom gebruik kan word om hierdie wêreld aan te raak. Daar is menigtes om ons wat Jesus nog nooit as hulle Verlosser aangeneem het nie. Dalk is jy die een om hulle te bereik.



Wanneer jy hierdie dinge oordink, met wie glo jy wil God hê jy moet hierdie week mee praat? Hoeveel naasbestaandes, vriende en bure het jy wat Jesus nog op 'n diep persoonlike manier moet leer ken? Kom ons stop en bid stilweg vir hulle op hierdie oomblik. Bid dat hulle na Jesus sal kom voor sy wederkoms en die vernietiging van die wêreld deur vuur.



Gebed Tyd:

Bid dat ons 'n gevoel van dringendheid ('n noodtoestand) sal hê oor die feit dat ons in die laaste dae voor die wederkoms en die einde van die wêreld leef.



Bid dat God jou sal lei na die mense waar Hy wil hê ons hierdie week die Goeie Nuus oor Jesus moet deel.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Begin Again

Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vi...

More

Baie dankie aan Mnr. Boris Joaquin, President en Hoof Vaardigheid Beampte van Breakthrough Leadership Management Consultancy. Hy is 'n meester afrigter en hooggeplaaste spreker vir leierskap programme en ander sagte vaardighede in die Filippyne. Tesame met sy vrou, Michelle Joaquin, het hy hierdie leesplan voorsien. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.theprojectpurpose.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid