Leesplan inligting

Begin WeerVoorbeeld

Begin Again

DAG 1 VAN 7

'n Nuwe Begin



Ek hou van die oorgang na 'n nuwe jaar. Net soos ek daarvan hou om die aanbreek van 'n nuwe dag te sien. Ek glo dat God hierdie oorgange geskep het om ons te herinner dat Hy die God van Nuwe Begin is.



God kan iets uit niks skep. Soos kleipotte, kan Hy iets uit 'n vormlose massa skep. Hy kan jou hart neem wat gebroke, vol sonde en verontreinig is, en dit verander in 'n hart wat rein en doelgerig is — dit weer heelmaak!



Soos in Genesis, waar God in die leë ruimte en duisternis gespreek het om die heelal, sterre en ons wêreld te skep. God het die wêreld tot stand gespreek. God kan ook in die duisternis van jou lewe spreek en vir jou 'n nuwe begin skep.



Laat my toe om jou in die volgende paar dae te lei deur 'n studie van mense wat hul chaos aan God oorgegee het. Hulle word nie meer deur gebeure, omstandighede of gevoelens beheer nie, omdat hulle erken dat hulle slegs die regte oplossings, 'n werklike lewe, 'n skoon bladjie en 'n nuwe begin kan hê deur verenig te wees met die Seun van God, Jesus Christus (Lees 1 Korintiërs 1:30).



Selfs nou kan Hy binne-in die chaos van jou lewe spreek om dit 'n nuwe hoop, 'n nuwe energie, te gee.



Lees Psalm 51:12. God wil jou rein sien, dus wil Hy 'n aktiewe rol speel in die skep van jou nuwe hart en orde bring aan die chaos van jou lewe. Al wat jy hoef te doen is om jou voor hom te verootmoedig en jou aan sy opperheerskappy te onderwerp.



Sê: “Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.” Bid: “Vader, maak 'n nuwe begin in my lewe, deur al die chaos, laat my toe om opnuut te begin.”



Ek is lief vir ‘n nuwe begin! Net soos hierdie leesplan. Geniet dit!
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Begin Again

Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vi...

More

Baie dankie aan Mnr. Boris Joaquin, President en Hoof Vaardigheid Beampte van Breakthrough Leadership Management Consultancy. Hy is 'n meester afrigter en hooggeplaaste spreker vir leierskap programme en ander sagte vaardighede in die Filippyne. Tesame met sy vrou, Michelle Joaquin, het hy hierdie leesplan voorsien. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.theprojectpurpose.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid