Leesplan inligting

Begin WeerVoorbeeld

Begin Again

DAG 3 VAN 7

Damaskuspad Ervaring



Die bekering van Saulus op die pad na Damaskus is baie keer herhaal en is simbolies van die vele bekerings – diegene wat aangeraak is deur die genade van die Heilige Gees en ‘n nuwe lewe begin het. Paulus se lewe het verander toe hy sy geloof in Jesus gestel het. Paulus is ook Saulus genoem. Moenie verwar word deur die twee name nie.



In Handelinge 9:1-2 NLV is die volgelinge van Christus mense van "Die Pad" genoem omdat Christene beweer dat geloof in Jesus die "enigste weg" tot redding is (Lees Johannes 14:6). Paulus was 'n trotse Joodse godsdienstige leier en wou nie erken dat sy godsdiens verkeerd was nie.



Saulus het op die pad na Damaskus vertrek met die dood in sy hart – om diegene te vervolg wat volgelinge van "Die Pad" was. Op die Damaskuspad het daar skielik 'n verblindende lig uit die hemel op Saulus gestraal, helderder as die middagson. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: "Saul, Saul, waarom vervolg jy My?" (Handelinge 9:4). Toe Saulus vra wie met hom praat, het die stem geantwoord: "Ek is Jesus, ... Dit is vir My wat jy vervolg. Maar staan op en gaan na die stad toe. Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen" (Handelinge 9:5-6).



Ananias was nie oortuig dat Saulus 'n gelowige in Jesus kon geword het nie. In vers 11 het die Here vir Ananias gesê dat om Saulus te sien bid, die bewys sou wees dat hy verander het.



Saulus was blind! God het Saulus nederig gemaak sodat hy sou besef hoe broodnodig hy Jesus gehad het. Wanneer iemand desperaat raak, kom Jesus nader. Volgens Handelinge 9:19-22 het Saulus 'n 180 grade-ommekeer in sy lewe gehad, 'n aangrypende verandering.



Dit is Paulus se beskrywing van wat met hom gebeur het — en aan ons wat in Christus glo — Lees 2 Korintiërs 5:17. Nie baie mense het 'n dramatiese "Damaskuspad-ervaring" soos Saulus nie, maar ons almal moet kan sê: “My lewe het verander sedert ek Jesus Christus leer ken het.” Kan jy dit sê? Kan jy 'n tyd deel toe God jou nederig gemaak het om jou nader aan Hom te bring?



In daardie oomblik van vrees, spyt en insig het Saulus verstaan dat Jesus inderdaad die ware Messias was, en dat hy gehelp het om onskuldige mense te vermoor en in die tronk te sit. Saulus het besef dat hy nou, ondanks sy vorige opvattings as 'n Fariseër, die waarheid omtrent God geken het en verplig was om Hom te gehoorsaam.



Op daardie oomblik het Saulus waarlik, onherroeplik, 'n nuwe mens geword. Hy is weer gebore. Hy het ook gekies om daardie uur van transformasie te merk deur die Hebreeuse naam Saulus te laat vaar en na Paulus te verander — om weer te begin.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Begin Again

Nuwejaar. 'n Nuwe Dag. God het hierdie oorgange geskep om ons daaraan te herinner dat Hy die God van nuwe begin is. As God die wêreld kon skep deur slegs te praat, kan Hy beslis in die duisternis van jou lewe praat en vi...

More

Baie dankie aan Mnr. Boris Joaquin, President en Hoof Vaardigheid Beampte van Breakthrough Leadership Management Consultancy. Hy is 'n meester afrigter en hooggeplaaste spreker vir leierskap programme en ander sagte vaardighede in die Filippyne. Tesame met sy vrou, Michelle Joaquin, het hy hierdie leesplan voorsien. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.theprojectpurpose.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid