Leesplan inligting

Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 4 VAN 14


 


Hou net aan


Daar is 'n toeriste aantreklikheid in Chattanooga, Tennessee genaamd Ruby Falls — 'n skouspelagtige natuurlike waterval wat 341 meter onderdeur die Lookoutberg vloei. Om by die waterval uit te kom, moet jy vir 79 meter in 'n hysbak afgaan, tot in die hartjie van die berg. Wanneer jy daar aangekom het, moet jy amper 1,6 kilometer ondergronds stap deur donker grotte, lae plafonne, verby ondergrondse strome en stalagtiet-rotsformasies. Jy stap hierdie glibberige, afdraende paadjie totdat jy so diep is as die hoogte van die Empire Staatsgebou. Dan maak die grot skielik oop om 'n glorieryke, 44 meter-hoë waterval, wat met reënwater gevoed word, te ontbloot. Dit is geweldig treffend.


Die dag nadat ek en my familie hierdie fantastiese waterval besoek het, het ek met my dogters gepraat oor sommige sake waarvoor hulle te staan gekom het, en dit het by my opgekom dat die lewe soms soos 'n besoek aan Ruby Falls is. Ek het hulle vertel dat 'n mens jouself soms in 'n donker plek in die lewe sal bevind waar jy jou kop sal stamp, sal gly en val. Jy kan nie baie ver voor jou sien nie en dit sal voel asof alles net afwaarts gaan. Maar, as jy genoeg geloof het om aan te hou stap, sal jy uiteindelik iets wonderlik sien wat net God kon bewerkstellig.


Voel jy asof jy vandag deur 'n grot stap? Is die lewe donker en glibberig? Hou aan stap, want God het iets wonderlik wat Hy aan jou wil bekend maak.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan, of is nou in 'n lewensstorm, of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag oordenking sal jou herinner dat Jesus in beheer is van elke storm. Omda...

More

Ons will graag vir Dave Adamson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid