Leesplan inligting

Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 7 VAN 14


 


Die wolk van beskerming


Daar is 'n Joodse tema in die Bybel wat bekend staan as "ananei hakavod" wat beteken die Wolk van Glorie of die "wolk van beskerming." Die Joodse rabbi's sou sê dat God die ananei hakavod gestuur het om aan die Israeliete skuiling te bied terwyl hulle vir 40 jaar in die woestyn was. Hulle het geglo dat God binne-in hierdie wolk sy volk veilig gehou het en wonderbaarlik aan hulle voorsien het. Dit was binne-in hierdie wolk dat God ook sy mense van sy teenwoordigheid bewus gemaak het. Dit was waar Hy hulle versorg het en dit was binne-in hierdie wolk waar God vir Moses ingeroep het om die tien gebooie te ontvang.


Onlangs, toe ek besig was om na my kerkkantoor toe te ry, het ek onderdeur 'n klomp bome gery en toe ek opkyk, sien ek 'n skouspelagtige wolkformasie wat hoog bo die kerkgebou sweef! Ek is op daardie oomblik herinner aan ananei hakavod — die wolk van God se glorie en beskerming en voorsiening. Miskien het jy vandag nodig dat hierdie beeld jou daaraan herinner dat, ongeag waardeur jy ook al gaan, is God by jou en Hy is vir jou.


Wanneer jy ook al vandag 'n wolk sien, laat dit jou herinner dat God steeds in staat is om aan jou te voorsien, jou te beskerm, jou te versorg en en jou veilig te bewaar — dit maak nie saak waarvoor jy te staan kom nie.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan, of is nou in 'n lewensstorm, of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag oordenking sal jou herinner dat Jesus in beheer is van elke storm. Omda...

More

Ons will graag vir Dave Adamson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid