Leesplan inligting

Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 3 VAN 14


 


Moenie die seën misloop nie


Ons het op een donker oggend op 'n platform by Point Lonsdale aan die Australiese branderplankry kus gestap. Die mis was so dig dat ek skaars meer as 'n paar treë voor my kon sien. Al wat ek kon uitmaak, was die hawehoof se ligte, daarom het ek my oë op hulle gevestig en aanhou voortbeweeg.


Dit het my herinner aan die verhaal van Josef in die Bybel. As tiener is Josef deur sy broers in slawerny verkoop en toe valslik beskuldig en in die tronk gegooi, maar hy het sy oë op God gevestig en geweier om op te hou glo. God het sy geloof gebruik om hom te help om die heerser van Egipte te word.


Ek is seker ons wil almal daardie soort geloof hê, maar wanneer ons deur donker tye gaan, is ons geneig om meer op die probleem voor ons te fokus as op die God vir wie ons volg. Wanneer dit gebeur, loop ons die risiko om God se seën wat Hy vir ons beplan het, aan die anderkant van die beproewing mis te loop.


As jy jouself vandag midde-in donker mistigheid bevind, wees soos Josef — hou jou oë op God gerig en glo dat Hy hierdie beproewing gebruik om jou vir iets nuuts voor te berei.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan, of is nou in 'n lewensstorm, of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag oordenking sal jou herinner dat Jesus in beheer is van elke storm. Omda...

More

Ons will graag vir Dave Adamson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid