Leesplan inligting

Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 5 VAN 14


 


'n Reguit pad


Is jou lewe vol op- en afdraandes? Die paadjie wat ons in die lewe loop is nie altyd reguit of gelyk nie. Die lewe kan moeilik wees wanneer jy opdraand stap, dit kan buite beheer voel op jou pad af, of dit is vol blinde draaie en kronkels. Die lewe kan onseker en onvoorspelbaar wees op hierdie kronkelende en ongelyke pad.


Maar, al kan dit soms voorkom asof die lewe by tye soos 'n tuimeltrein is, skryf die outeur van Psalm 23 dat God hom op "die regte paaie" lei, wat sin maak as jy verstaan waarna hy verwys. Jy sien, in die woestyn, as 'n skaap reguit teen 'n helling probeer afloop, sal hy dikwels buite beheer strompel, neerval en homself beseer. Daarom gebruik herders hul stemme om die skape langs die nou, "reguit pad" te lei wat stadig om die heuwel kronkel en die skape toelaat om op en af te reis sonder om seer te kry. Soos hierdie skape, het ons nodig om deur ons Herder teen die op- en afdraandes van die lewe gelei te word. Ons kan nie gelei word as ons nie sy stem hoor en ken nie. As ons aandag nie op God gefokus is nie, is dit maklik om van sy pad af te dwaal.


As jou lewe vandag vir jou soos 'n tollende tuimeltrein voel, fokus op God se stem en laat Hom toe om jou op die reguit pad te lei.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan, of is nou in 'n lewensstorm, of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag oordenking sal jou herinner dat Jesus in beheer is van elke storm. Omda...

More

Ons will graag vir Dave Adamson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid