Leesplan inligting

Maak Oop in Geval van Nood Voorbeeld

Open In Case Of Emergency

DAG 6 VAN 14


 


Groei in die donker


My vrou kweek kruie op ons agterstoep en om dit in 'n glashouer te sien groei, herinner my aan die manier hoe God dikwels in ons werk. Jy sien, vir enige plant om te groei, moet 'n saad diep in die grond geplant word. Jy maak die saad dan toe met grond, sodat dit in stikdonker is waar die gewig van die grond druk op die saad plaas totdat dit oopbreek en nuwe lewe begin wortel skiet en groei. Daardie nuwe plant soek dan 'n manier om deur die oppervlak te breek om sonlig te vind.


Donkerte. Druk. Breek. Soek. Is jy vandag in 'n donker plek? Staar jy druk van werk, skool, familie of vriende in die gesig? Voel dit of jy op die punt staan om 'n emosionele ineenstorting te hê? Voel dit vir jou of jy altyd soek na 'n deurbraak?


Ek glo dat God jou huidige omstandighede gebruik om nuwe lewe in jou voort te bring, selfs as dit nie so voorkom nie. Soos my vriend Andy Stanley sê: "Moenie God se stilte as afwesigheid interpreteer nie." Hy is by jou en is besig om 'n deurbraak voor te berei wat jou na die lig toe sal bring.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Open In Case Of Emergency

Ons het elkeen al deur storms in ons lewe gegaan, of is nou in 'n lewensstorm, of sal nog in die nabye toekoms 'n lewensstorm ervaar. Hierdie 14-dag oordenking sal jou herinner dat Jesus in beheer is van elke storm. Omda...

More

Ons will graag vir Dave Adamson bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: Instagram.com/aussiedave

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid