Leesplan inligting

Om op God te WagVoorbeeld

Waiting on God

DAG 8 VAN 8

Pluk die Vrugte



God is namens jou aan die werk, selfs al voel dit of sy planne vir jou lank neem. My gebed vir jou is dat jy sal leer om in afwagting vir sy antwoord te wees — ongeag hoe lank dit neem — en dat jy getrou, geduldig en vreugdevol sal wees in die wagperiode. Jy het reeds soveel tyd, energie, gebed en vertroue daarin geplaas om vir Hom te wag, dat dit 'n jammerte sou wees om jou hoop nou te laat vaar … veral as jy op die punt staan om seën te ontvang en wanneer sy antwoord nader as ooit tevore is. Moet dus nooit tou opgooi nie!



Jy kan daarvan seker wees dat God aktief, kragtig, wys en liefdevol besig is om die omstandighede in jou lewe voor te berei. Selfs al is wat Hy doen dalk nie vir jou voor die hand liggend nie, trek Hy jou nou nader, suiwer hy jou karakter, onderrig Hy jou in sy weë en volbring Hy sy beloftes aan jou.



In 1 Korintiërs 2:9-10 staan daar geskrywe: "Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie … dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet." Dit sê vir ons, al het jy geen idee wat die Vader gedurende die dae, maande en selfs jare doen, wanneer jy Hom soek nie, kan jy baie seker wees dat dit absoluut fantasties sal wees. Indien jy met afwagtende uithouvermoë op Hom wag — op Hom konsentreer, doelgerig sy wil in die Skrif en gebed soek, aktief sy beloftes opeis en teenspoed met waagmoed aandurf — sal jy beslis die vrugte van jou gehoorsaamheid sien. 



Terwyl jy in afwagting op Hom wag, kan jy solank die volgende doen:




  1. Verootmoedig jouself voor die Here en konsentreer op Hom eerder as op jou begeerte. 

  2. Bly gehoorsaam aan God se wil. 

  3. Vertrou dat die Vader sal doen wat Hy belowe het. 

  4. Ten slotte, bly moedig 



Ons het hierdie leesplan met 'n lys "moenies" begin. Tog bid ek dat jy na elke dag se oordenking bemoedig sal wees, terwyl jy beginsels en Bybelse waarhede ontdek. Dit sal jou versterk in tye wanneer dit voorkom of die Vader talm en menslike oorwegings jou dryf om moed te verloor. 



Jy kan die wagperiode in afwagting verduur, in die vreugdevolle wete dat God jou nooit sal faal nie. Jy kan aanhou hoop — selfs wanneer jy deur die "nooit" van die lewe aangeval word, in die wete dat die Here die Een is op wie jy hoop en Hy in volmaaktheid omsien na al jou besorgdhede. Jy kan op die Vader se leiding vertrou en absoluut seker wees dat Hy net jou beste belange op die hart dra.



Ek hoop dat jy vanaf dag een van hierdie leesplan kan terugkyk na die lang pad wat ons sedert die "nooit" geloop het. Teen hierdie agtergrond wil ek met 'n baie meer optimistiese tema eindig — 'n woord wat ek hoop jy sal onthou wanneer jy op die Here wag; 'n woord wat van toepassing is op sy wonderlike, onfeilbare karakter en 'n woord wat pragtig beskryf hoe toegewyd Hy aan jou en jou welstand is. 



Altyd.


Vir jou as 'n gelowige ...


sal God altyd by jou wees. 


sal Hy jou altyd liefhê. 


sal Hy altyd jou sondes vergewe. 


sal Hy altyd na jou luister. 


sal Hy jou altyd vertroos. 


sal Hy altyd vir jou voorsien. 


sal Hy jou altyd onthou. 


sal Hy altyd dinge namens jou doen. 


sal Hy jou altyd met liefde, krag en wysheid lei. 


sal Hy altyd jou gehoorsaamheid aan Hom seën. 


sal jy altyd op Hom kan staatmaak. 


sal Hy altyd jou gebede beantwoord.


Wanneer jy op die Here wag, kan jy seker wees dat die beste nog voorlê … 


altyd



Klik hier vir verdere inligting hoe jy afwagtende uithouvermoë kan ontwikkel en op koers bly, terwyl jy op God wag om dinge namens jou te doen.
Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Waiting on God

Wag jy vir God om jou gebede te beantwoord? Gaan die dae, maande en jare verby sonder enige bewys dat jou diepste verlangens ooit vervul sal word? Indien wel, is jy nie alleen hierin nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv-waiting-on-god2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid