Leesplan inligting

Om op God te WagVoorbeeld

Waiting on God

DAG 6 VAN 8

Om God se Beloftes Gedurende die Vertragings op te Eis



Daar is 'n belangrike beginsel in die Skrif wat vir jou die deur sal oopmaak tot die hemelse skatte wanneer jy dit aanleer en toepas. Jy het veral hierdie beginsel nodig terwyl jy wag, want dit sal jou standvastig en sterk hou wanneer die storms van beproewing en die golwe van twyfel oor jou breek. 



Wat is hierdie deurslaggewende gebod? Dis die beginsel om God se beloftes aan jou op te eis — om jou te help volhard terwyl jy vir Hom wag.



Sommige mense glo wag beteken om passief te wees ... maar dit is nie wat die Here vir ons as gelowiges beoog het nie. Ja, ons is nog steeds tot 'n mate onaktief, in die sin dat ons ons hande van ons situasies afhaal en die Vader toelaat om deur ons omstandighede te werk. Ons is egter ook veronderstel om aktief te wees en geestelik te groei — ons doen dit deur vasberade aan God se woord vas te hou. Soos ons God se wil ontdek, eis ons daadwerklik sy beloftes op en ons gaan voort om Hom tree vir tree te gehoorsaam.



Dink so daaraan: Net soos ons ons spiere in die gimnasium oefen, is die wagperiode 'n geleentheid om ons geestelike spiere te ontwikkel — ons geloof, hoop en deursettingsvermoë. Ons doen dit deur 'n doelbewuste besluit te neem om die Skrif deel te maak van ons lewens en deur te glo dat die Vader namens ons werk. Ons hou gretig vas aan die beloftes wat Hy vir ons in die Bybel gegee het, ons stel ons harte ywerig in om Hom te glo, ons gehoorsaam opgewonde wanneer Hy roep. Wanneer ons die aktiewe keuse maak om sy beloftes te vertrou, groei ons hoop, en leer ons uithouvermoë vir die tye wanneer ons moet wag.



Gelukkig het die oppermagtige God van die heelal nog nooit gefaal in die vervulling van sy woord nie, daarom kan ons seker wees dat Hy ons nie nou sal teleurstel nie. Ons aktiewe besluit om Hom te vertrou sal sonder twyfel tot seën lei.



Met dit in gedagte, vermaan Hebreërs 10:35-36 ons, "Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in. Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het." Die Boodskap omskryf die vers soos volg: "Moet dus nie toelaat dat daar 'n krakie in julle vertroue op God kom nie. Wie op God bly vertrou sal 'n groot beloning by Hom kry. Julle moet tot elke prys vasbyt. As julle so aanhou om te doen wat God wil hê, sal Hy sorg dat julle kry wat Hy vir julle beloof het."



Met ander woorde, ons uithouvermoë is die sleutel om die allerbeste wat God vir ons beplan, te ontvang. Daarom moet ons uithou, en wandel volgens sy wil — ongeag wat gebeur of hoe lank dit vat — ons kan dan verseker weet dat ons die seëninge wat Hy vir ons beplan het sal ontvang. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Waiting on God

Wag jy vir God om jou gebede te beantwoord? Gaan die dae, maande en jare verby sonder enige bewys dat jou diepste verlangens ooit vervul sal word? Indien wel, is jy nie alleen hierin nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv-waiting-on-god2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid