Leesplan inligting

Om op God te WagVoorbeeld

Waiting on God

DAG 2 VAN 8

Hoe Lank, O Here?



Niemand hou van vertragings nie. Niks kan ook die pynlike gevoel verminder wanneer die dae verbygaan en ons steeds met ons hoop en vrese stry nie. Of dit die ure van onvervulde planne is, die dae en weke wat onsekerheid veroorsaak, of die jare waarin ons wonder of God ooit sy beloftes aan ons gaan nakom; dit is menslik om gefrustreerd en angstig te voel, en asof alle hoop in ons verydel word.



Hoekom? Omdat ons nie beheer oor ons omstandighede het nie. Iemand anders belemmer ons vooruitgang — Iemand anders besluit hoe die enkele oomblikke wat ons in hierdie lewe gegun word sal afspeel en ons verhoed om dít te geniet wat ons dink ons werklik gelukkig sal maak.



Net soos Dawid roep ons uit: "Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here?" (Psalm 13:2 AFR83).



Ek weet nie waarop jy hoop nie, maar ek weet jy het vir 'n rede hierdie leesplan begin. My eerstehandse ervaring is ook dat om op God te wag, een van die moeilikste lesse is om te leer. Ek kan my net indink dat jy, net soos Dawid, baie pyn in jou hart ervaar terwyl jy wag. Jy is moontlik bang dat die Here jou vergeet het. Miskien kan jy nie anders as om te wonder: Hoekom ek? Hoekom is ek dan so onwaardig? Vriend, alhoewel ek weet jou seer is dieper as wat jy in woorde kan uitdruk, wees asseblief verseker dat hoop op jou hemelse Vader nooit tevergeefs is nie. Onthou dit altyd … terwyl jy deur jou wagperiode gaan.




  • Die Here verwaarloos jou nie en het jou nie vergeet nie. Hy werk namens jou in die onsigbare wêreld (Jesaja 64:4) — elke enkele oomblik. Jou verantwoordelikheid is om jou hart op Hom in te stel en te vertrou dat jou lewe veilig is in sy almagtige en liefdevolle hande.

  • Jy staan nie net rond en doen niks nie. Terwyl jy in afwagting is vir die Vader se aanwysing en ingryping, gaan jy in jou daaglikse lewe voort om Hom te dien. Hou aan om Hom te soek, te gehoorsaam en innige gemeenskap met Hom te hê — selfs wanneer jou omstandighede nie goed lyk nie. 

  • Jy loop nie geleenthede mis wat die moeite werd is nie. Dit mag wel voorkom of dit so is. As God egter "Nee" of "Wag" gesê het vir 'n moontlikheid wat jou pad kruis, vertrou Hom. Moenie dit forseer nie. Vertrou eerder op sy foutlose wysheid om jou te beskerm van keuses wat jou op die lange duur mag leed aandoen.

  • Jy is nie alleen nie. Almal wat jy ken kom een of ander tyd voor vertragings te staan. Ja, as jy om jou kyk, sien jy hoe mense die seëninge geniet wat jy begeer. Jy dink dalk dat jy die enigste een is wat 'n stryd met jou spesifieke probleem het — die enigste een aan wie die Vader nog nie voorsien het nie. Wees egter bewus daarvan dat daardie gedagtes van vernedering en nederlaag van jou vyand af kom, wat altyd "op soek is na iemand om te verslind" (1 Petrus 5:8-9).


In elke bevolking is daar mense soos jy wat wag vir soortgelyke seëninge en wat dieselfde gevoelens ondervind. Om die waarheid te sê, regdeur die Skrif sien ons, daar is nie 'n man of vrou wat God op 'n kragtige wyse gebruik het, wat nie eers deur 'n lang en moeilike wagperiode is nie. Moet dus nie wanhopig raak nie ... sien dit as die Vader se spesiale guns en leiding in jou lewe.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Waiting on God

Wag jy vir God om jou gebede te beantwoord? Gaan die dae, maande en jare verby sonder enige bewys dat jou diepste verlangens ooit vervul sal word? Indien wel, is jy nie alleen hierin nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv-waiting-on-god2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid