Leesplan inligting

Om op God te WagVoorbeeld

Waiting on God

DAG 1 VAN 8

Die "Nooit" van die Lewe



Nooit.



Hierdie woord kan die diepste vrees in die dapperste hart in beroering bring. 



"Ek sal nooit 'n werk kry nie."



"Dit sal nooit beter word nie."



"Ek sal nooit trou nie.



"Ek sal nooit die kind hê waarna ek so smag nie."



"Hy sal nooit terugkom huis toe nie.



Hierdie leuen se oorsprong is ons sondige natuur en dit hou daarmee vol om 'n besliste einde aan al ons hoop te maak. Dit fluister wreed: "Moenie moeite doen om verder te droom nie." "Jy verdien dit nie; hou dus op om die onmoontlike te begeer."



So gaan ons voort om die een spyker na die ander in die doodskis van ons diepste begeertes te kap.



"Die Here verhoor nooit my gebede nie."



Dit bring ons by die uitdaging om op God te wag. Dit is die vermoë om aan te hou hoop wanneer ons deur die lewe se nooit aangeval word — wanneer die minute, ure, dae en jare verbygaan sonder dat ons enige antwoorde kry op ons mees passievolle smekinge voor die genadetroon. Dit kom neer op die geloof om op hierdie lang pad aan die Vader vas te hou, selfs wanneer ons op grond van menslike oorwegings wil moed verloor.



As die lewe se nooit jou ontmoedig, as jy op die Here wag om sy beloftes aan jou te vervul, as jy wonder waarom God so 'n lang wagperiode toelaat voor Hy die diepste krete van jou hart beantwoord — as jy hierdie keerpunt bereik het, vriend — dan is hierdie leesplan die geskikte een vir jou. As jy soek, sal jy betekenis en hoop kry gedurende hierdie periodes wanneer jy op die Here se reaksie wag. Al kan jy nie sien hoe Hy werk nie, kan jy weet dat Hy beslis besig is, want Hy waarborg dat Hy "werksaam is vir wie op Hom wag" (Jesaja 64:4 AFR53).  



Dit is nie al nie — die Vader beplan iets ontsagwekkend vir jou — sy doelwitte vir jou is fantasties en volmaak geskik vir jou. Dit sal uiteindelik betekenis aan jou lewe gee. God het nietemin 'n baie spesifieke plan waarvolgens Hy werk, wat hemelsbreed verskil van wat jy verwag. Jy moet dalk baie langer wag as waarmee jy gemaklik is en dit sal jou waarskynlik laat voel of "die doodsvonnis klaar oor jou uitgespreek is ... maar dit gebeur sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God" (2 Korintiërs 1:9).



Ek wil graag in die oordenkings wat volg aan jou wys dat die enigste "nooit" waarop jy moet konsentreer, is dat God jou nooit "in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie" (Deuteronomium 31:6,8). Waarna jy ook al smag — ongeag hoe lank die wagperiode is — jy kan op die Vader vertrou om jou te lei. Jy kan ook verseker weet dat Hy beslis jou beste belange op die hart dra. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Waiting on God

Wag jy vir God om jou gebede te beantwoord? Gaan die dae, maande en jare verby sonder enige bewys dat jou diepste verlangens ooit vervul sal word? Indien wel, is jy nie alleen hierin nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv-waiting-on-god2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid