Leesplan inligting

Om op God te WagVoorbeeld

Waiting on God

DAG 3 VAN 8

Rig jou Fokus op God



Weet jy vir wie dit is wat jy wag? Iemand mag dalk sê: "Ek hoop dat 'n werkgewer my CV sal oplet." 'n Ander mag byvoeg: "Ek wag vir 'n huweliksmaat" of "Ek verwag 'n kind." Ons is geneig om op die voorwerp van ons begeerte te fokus, eerder as die Voorsiener daarvan. Nietemin — wat die onderwerp van ons begeertes ook al is — die Een vir wie jy eintlik wag, is God. 



Jy hoop dat Hy jou gebede sal verhoor. Jy verwag dat Hy die oplossing van jou probleme sal verskaf. Jy wag dat Hy tussenbeide sal tree. Die werklikheid is dit: "Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het." (Jakobus 1:17). Dit is die Here self wat al hierdie dinge aan jou voorsien. 



Om te wag, gee 'n afwagtende uithouvermoë te kenne wat deur 'n direkte, doelgerigte, aktiewe en moedige houding van gebed weerspieël word. Hierdie afwagtende uithouvermoë beteken dat ons niks sonder die Here se leiding sal doen nie. In vandag se oordenking ondersoek ons die eerste karaktertrek van Goddelike gebed in afwagting — dit wat aan God gerig word. In plaas daarvan om te konsentreer op die dinge waarvoor ons wag, sal ons die fokus verskuif na die Vader wat die beste plan vir ons lewens het. 



Ongeag waarvoor jy wag, op die lange duur is jy beter daarvoor voorberei en geskik wanneer God die middelpunt is. Hoekom? Wanneer jy op die dinge fokus wat jy kortkom, word jou hart met wanhoop gevul. Jy kwel jou oor jou beperkinge en dit vererger jou benoudheid. Hou in gedagte dat jy sondig wanneer jy op jou eie manier in jou behoeftes probeer voorsien, eerder as op die Here se manier. Solank jou oë gerig is op wat jy nie het nie, raak jy verder verslaaf aan die sondige natuur, wat uiteindelik aanleiding gee tot vernietiging. "Die loon wat die sonde gee, is die dood ..." (Romeine 6:23). Dit is 'n teleurstellende en bose kringloop.



Wanneer jy jou oë doelgerig op God vestig, besef jy watter geweldige krag, wysheid en mag namens jou in werking kom. Dit gee jou selfvertroue, want die Here weet en voorsien dit wat vir jou beste is. Omdat Hy onaangeraak is deur die struikelblokke wat jou beperk en intimideer, verdwyn alle redes om bang te wees (Jesaja 41:10).



Vriend, die Here God is getrou. Hy sal beslis die beloftes nakom wat Hy maak. Moenie hierdie beginsel miskyk nie, want dit is een van die belangrikste lesse wat jy ooit kan leer oor jou vermoë om op Hom te wag — dit is ten volle gebaseer op jou begrip van wie Hy is en die verhouding waaraan julle saam bou.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Waiting on God

Wag jy vir God om jou gebede te beantwoord? Gaan die dae, maande en jare verby sonder enige bewys dat jou diepste verlangens ooit vervul sal word? Indien wel, is jy nie alleen hierin nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv-waiting-on-god2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid