Leesplan inligting

Om op God te WagVoorbeeld

Waiting on God

DAG 5 VAN 8

God se Wil tydens Onsekerheid



Ek kan met sekerheid sê dat die meeste vrae wat aan my as 'n pastoor gestel word, oor God se wil handel. Mense vra gereeld: "Hoe weet ek wat die Here wil hê ek met my lewe moet doen?" Of: "Wanneer ek twee opsies het, hoe sal ek weet watter een die Here wil hê ek moet kies?" Ek het ook gevind dat gelowiges nooit meer besorg oor God se wil is, as gedurende wagperiodes nie — dit is wanneer ons in desperaatheid wonder wat Hy doen en of Hy ons gebede sal beantwoord.



Koning Dawid kon al sy beproewings verduur, want hy het verstaan dat die Here se plan vir hom was om koning van Israel word (1 Sam. 16:1-13). Abraham kon geduldig wees, want die Vader het belowe dat hy baie nasate sal hê en ‘n groot nasie sal word (Gen. 2:12). Alhoewel ek seker is dat die vertragings uiters moeilik vir hierdie twee manne was, kon hulle vashou aan die Here se versekering oor hulle uiteindelike seëninge. Ongelukkig, kan die lang tussenposes van angstige afwagting selfs meer uitdagend wees wanneer jy nie regtig seker is waarheen God jou neem of wat sy plan vir jou lewe is nie.



Miskien druk die kwessie van God se wil swaar op jou hart. Jy weet sy planne vir jou is goed, maar wat is hierdie planne? Sluit hulle regtig die vervulling van jou diep gekoesterde hoop en drome in? Is daar enige wyse waarop jy sekerheid kan kry? 



Vriend, wees asseblief verseker dat die Vader wil hê dat jy sy wil vir jou lewe moet ken. Trouens, ek glo heelhartig, indien jy werklik begeer om Hom te volg, sal Hy hemel en aarde beweeg om sy wil aan jou te openbaar. Hoe kan ek so seker hiervan wees? Vir jou om die wonderlike doelwitte te bereik wat God vir jou beplan het, moet jy weet waarvoor Hy jou geroep en bestem het (Ef. 2:10).



Dink daaroor. As jy ‘n seun gehad het en jy wou hê hy moet jou met die skottelgoed help, sou jy wag dat hy op sy eie uitwerk wat om te doen? Natuurlik nie. Jy sou jou seun leer hoe om behoorlik skottelgoed te was. Daarna sou jy jou verwagtinge bespreek, soos hoe gereeld hy dit moet doen. Jy sou hom noukeurig lei. Indien hy jou instruksies vergeet, sou jy hom vir seker weer daaraan herinner.



Dit is presies so met jou hemelse Vader. Hy berei jou voor om sy wil te doen, Hy rus jou toe en dan lei Hy jou om dit uit te voer. Dit is nie in God se aard om sy plan vir jou weg te steek of jou nie te help om dit uit te voer nie. In plaas daarvan, belowe die Here, “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou” (Ps. 32:8). Die Vader wil hê dat jy die regte besluit moet neem. Dus, net soos ‘n herder ‘n lam wat geneig is om af te dwaal, liefdevol in die regte rigting stuur, leer Hy jou om na sy stem te luister, spoor Hy jou aan, roep Hy jou, beskerm jou, en dissiplineer jou selfs sodat Hy jou kan lei in die rigting waarin jy moet gaan (Joh. 10:2-4).



Hy sal jou nie net lei nie, maar in Jeremia 29:11, verseker Hy: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, ... voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” Met ander woorde, jy hoef nie bang te wees dat daar net hartseer voorlê nie. God se doelwitte vir jou sal vir jou tevredenheid, bevrediging en sukses bring. Alhoewel jy sekerlik tye van teenspoed sal ervaar – soos ons almal – kan jy in daardie tydperke gewis wees dat Hy “alles ten goede sal meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is” (Rom. 8:28). Jy kan veral seker wees gedurende die wagperiodes in jou lewe, dat God jou lei en alle omstandighede tot jou uiteindelike voordeel sal laat meewerk.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Waiting on God

Wag jy vir God om jou gebede te beantwoord? Gaan die dae, maande en jare verby sonder enige bewys dat jou diepste verlangens ooit vervul sal word? Indien wel, is jy nie alleen hierin nie. Sluit by Dr. Charles Stanley aan...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv-waiting-on-god2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid