Leesplan inligting

Wysheid om Reg te LeefVoorbeeld

Wisdom for Right Living

DAG 1 VAN 7


'n Standvastige Fondament



Dit raak nou deesdae algemeen om 'n lewensafrigter in diens te neem. Een maatskappy wat sulke afrigters oplei, adverteer hul dienste as volg: "Met meer en meer individue en besigheidseienaars wat die voordele daarvan ondervind om 'n professionele lewensafrigter te wees, is dit alombekend. Lewensafrigting werk regtig wanneer jy die nodige vaardighede leer wat in ons lewensafrigting akademie gedek word."



Koning Salomo adverteer sy lewensafrigtingsdienste in die eerste sewe verse van Spreuke: Dié spreuke sal mense wysheid leer en hulle onderrig sodat hulle sal weet wanneer iemand met insig praat en verstandig optree. Dit sal hulle lei om te doen wat reg, regverdig en billik is. Dit sal die jeug onderrig, maar die wyse behoort ook te luister en dit by te voeg tot hul lering. Fundamenteel tot alles, is die vrees van die Here as die begin van kennis. 



Salomo eindig sy inleidingsparagraaf deur ons te vertel dat die vrees van die Here die onderliggende beginsel van ons wêreldbeskouing behoort te wees. As ons dit nie het nie, sal ons 'n valse wêreldbeskouing hê. Iemand kan 'n motorwerktuigkundige kurses bywoon en leer om 'n wisselstroomdinamo of brandstofinspuiting te vervang, maar as hul nie die basiese beginsels van die binnebrandmotor ken nie, sal hulle ooit 'n goeie werktuigkundige kan wees? Ons moet die basiese beginsels van die lewe ken, naamlik, die kennis dat God, God is en nie ons nie. Dit is die beginsel en die fondament van alle wysheid. Sonder daardie begrip en erkenning sal ons nooit waarlik wys wees nie.



In Spreuke 1:3 sê Salomo dat ons deur die spreuke 'n "behoorlike opvoeding ontvang en 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid". Dis die teenoorgestelde van impulsiwiteit. Dit is wysheid om die lewe te leef wat God vir ons bedoel het.



Die doel van die Spreuke is om ons te leer om in wysheid en reg te leef, met die regte begrip van God en ons verhouding met Hom. Ons behoort die Here te vrees. Met daardie fondament kan ons 'n gesonde lewe bou, indien ons die instruksies van Salomo volg wat hy in sy lewensafrigtingsboek gee. 



Gebed: Here, gee my asseblief die wysheid om op 'n Goddelike manier te dink en op te tree, wanneer dit kom by die besluitnemingspunte van die lewe. Help my om U behoorlik te vrees en U heelhartig te vertrou. Help my om nie op my eie insig staat te maak nie, maar om die wysheid te vertrou wat U vir ons in Spreuke gee, want U is God en nie ek nie. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wisdom for Right Living

In ons vinnig veranderende en geweldig uitdagende wêreld, het ons wysheid nodig om te leef. Ons samelewing trek en stoot ons in verskillende rigtings, en in hierdie onrus het ons 'n geesteskompas nodig om ons op die regt...

More

Ons wil graag Kingdom Driven bedank wat hierdie plan voorsien het. Besoek asseblief https://kingdomdrivendaily.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid