Leesplan inligting

Wysheid om Reg te LeefVoorbeeld

Wisdom for Right Living

DAG 5 VAN 7


Leiding of Wysheid


Jy het seker nog nooit van William Lamb, andersins bekend as Lord Melbourne, gehoor nie. Hy het beroemdheid verwerf deur 'n jong dame, genaamd Victoria, te mentor toe sy tussen die ouderdomme 18 en 21 was. Eendag (toe Victoria 18 was) het hy aan haar bekendgemaak dat sy nou koningin van Groot Brittanje en Ierland was en sy volgende daad was baie merkwaardig. Hy het die Bybel saam met haar oopgemaak en geblaai na die Ou Testament, waar hulle saam die storie van Salomo gelees het. 


Salomo, net soos Victoria, was bestem om die troon te bestyg. Een nag, vroeg in sy heerskappy, het God in 'n droom aan Salomo verskyn en hom enigiets aangebied wat hy wou hê. Salomo se reaksie was: "Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer?" (2 Kronieke 1:10) Dit het God so behaag dat Hy Salomo die wysheid en kennis toegestaan het en, daarbenewens, groot rykdom en roem. As gevolg van die wysheid wat hy ontvang het, ken ons vandag vir Salomo as die hoofouteur van die Ou Testamentiese "boeke van wysheid," soos ons dit nou noem.


Daar is tye in die lewe wanneer ons leiding nodig het en tye wanneer ons wysheid benodig. Soms moet iemand vir ons sê wat om te doen of waarheen om te gaan; en soms moet ons die situasie self evalueer en gebaseer op ons eie oordeel, 'n besluit neem. Oor die algemeen het ons leiding nodig wanneer ons jonk is en wysheid wanneer ons ouer is. Kinders het baie leiding nodig, en soos hulle ouer word moet hulle wysheid ontwikkel, sodat hulle as volwassenes besluite kan neem. Dit sê nie dat volwassenes nooit leiding nodig het nie, maar in die meeste gevalle word daar verwag dat hul wysheid sal hê. 


Wysheid en leiding is nie noodwendig verwyderd van mekaar nie. Iemand kan met wysheid deur 'n probleem werk en dan leiding ontvang. Iemand anders kan begin deur leiding te soek en deur daardie leiding, wysheid bekom. Ons moet vir beide oop wees, reg om hulp te ontvang, hoe ook al God dit gee.


God het ons die hulpmiddels van gebed, die Woord, en wyse raadgewers gegee. Verlang jy om in wysheid te groei? Vra jy God vir wysheid wanneer jy 'n besluit moet neem? Oordink jy wat die Skrif in jou lewe beteken? Het jy ouer, wyser gelowiges na wie jy vir raad kan gaan?


Gebed: Here, laat hierdie dinge van my waar wees. Soms, in die verlede, het ek op my eie oordeel staatgemaak en dwase besluite geneem. Vergewe en help my om deur geloof in U wysheid te wandel. Help my om my na u Woord te wend, om U vir wysheid te vra in my soeke na Goddelike leiding.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wisdom for Right Living

In ons vinnig veranderende en geweldig uitdagende wêreld, het ons wysheid nodig om te leef. Ons samelewing trek en stoot ons in verskillende rigtings, en in hierdie onrus het ons 'n geesteskompas nodig om ons op die regt...

More

Ons wil graag Kingdom Driven bedank wat hierdie plan voorsien het. Besoek asseblief https://kingdomdrivendaily.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid