Leesplan inligting

Vrede is 'n PersoonVoorbeeld

Peace is a Person

DAG 5 VAN 5

Vrede Ontstaan wanneer jy Op die Regte Plek Staan



Gedurende 'n oorweldigende tydperk in my lewe, het ek vasgehou aan 'n Skrifgedeelte wat my baie bemoedig het: "Wie reg doen, sal vrede hê; wie volhard in regdoen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet" Jesaja 32:17.



As 'n jong ma wat deur die lewe oorweldig gevoel het, het ek na vrede en stilte gesmag. Waar is die vrede dan? Terwyl ek gesoek en geworstel het om stilte en selfvertroue in my gees te vind, het ek al meer op die eerste gedeelte van die vers gekonsentreer: "Wie reg doen, sal vrede hê ..." 



Geregtigheid is so 'n kerklike, godsdienstige woord wat eenvoudig "regdoen" beteken — om in die regte plek by God te staan. 



Hoe weet ons dat ons in die regte plek staan? Eenvoudig, dis wanneer ons vrede het — Vrede. Vol vertroue in vrede is wat werklik elke omstandigheid, elke konflik, elke moeilike en donker plek oortref. Die regte plek is by Jesus, waar jy met sy standaarde van waarheid in ooreenstemming kom — sy "regdoen". Wanneer chaos hoogty vier en ons vrede verdwyn, kan ons beslis weet dat ons van Hom wegbeweeg het of dat ons iets glo wat nie van Hom af kom nie.



Ons God is standvastig, onveranderlik, getrou en seker. Hy is altyd daar en is onbeweeglik. Dis soos die veiligheidsbalk van 'n tuimeltrein. Wanneer ons aan Hom vashou, sal ons onbeweeglik wees, ongeag die hoogtes of laagtes waardeur die lewe ons neem. Ons emosies sal nie tussen uiterstes geslinger word nie, ons woorde sal die waarheid in liefde dra en ons gedagtes sal gou weer in ooreenstemming met sy waarheid gebring word. Sy weë sal ons s'n word. 



Paulus sê vir ons in Kolossense 3:15: "... die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee ..." Dit is 'n opdrag om voortdurend vrede as die skeidsregter te kies wat ons denke, wil en emosies stuur om in die regte plek te bly — geregtigheid met God.



Vrede kan jou lewenswaarde wees waarvolgens jy optree, die middelpunt wat jou daarvan weerhou om in vrees, kommer en uiterste emosies te lewe. Vrede is om heel en teen die vyand beskerm te wees. Dit is ons betroubare vermoë om dinge reg te stel en vir die waarheid standpunt in te neem. Solank as wat ons in die onbeperkte, oordadige liefde en genade van Jesus bly, is ons op die regte plek en "wie volhard in regdoen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet." 



Jesus het die wêreld in nederigheid as die Vredevors binnegekom en sy afskeidsgeskenk aan ons is sy ewige teenwoordigheid wat ons omring.



Vrede is nie net 'n ongerepte toneel, 'n plek sonder geraas en moeilikhede of net 'n gevoel nie. Vrede is die beoefening daarvan om jou gedagtes en weë met Syne in ooreenstemming te bring.  



Vrede is 'n Persoon. 


----------------------------------------------------------------------



As jy hierdie leesplan geniet het, kom dan met Robin in aanraking op Instagram. @manymeadows 


 Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Kyk na ander YouVersion hulpbronne  


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Peace is a Person

Is jy soekend na 'n lewe van vrede en beskerming teen die chaos van jou wêreld? Smag jy na 'n lewe waar alles glad verloop sonder onderbrekings en geskille? Dis ons almal se wens, maar hierdie idee is ver van die werklik...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://www.amazon.com/Robin-Meadows/e/B081QMDFDR?ref_=pe_1724030_132998060

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid