Leesplan inligting

Vrede is 'n PersoonVoorbeeld

Peace is a Person

DAG 1 VAN 5

Vrede is 'n Persoon



Vrede. Die vroegoggend stilte na 'n sneeustorm. Jy maak die buitedeur oop en alles is stil, toegedek in wit. Rustig — vol vrede. Jou glimlag en jou hart is kalm. Jy draai terug in die huis waar die kinders stry, die kombuis deurmekaar is, en jy wonder dalk hoe jou salaristjek al jou uitgawes gaan dek. Ai. Nou is daardie gevoel van vrede weg. Waarom kan my lewe nie meer lyk soos die ongerepte toneel daarbuite nie? 



Ons soek na 'n vreedsame, kalm lewe, beskerm teen die chaos van ons wêreld, ons werk en ons gesin. 'n Lewe waar alles glad verloop sonder onderbrekings, sonder geskille in verhoudinge. Kalm. Vreedsaam. Stil. 



"Bedaar." Dit is 'n opdrag wat ons ouers ons herhaaldelik gegee het terwyl ons bo-oor mense en meubelstukke getuimel en gevroetel het en nou herhaal ons dit vir ons eie oordrewe energieke kinders. "Bedaar en gee my bietjie vrede! "Bedaar en wees stil" is ook 'n bekende Skrifgedeelte in Psalm 46:11. "Bedaar en erken dat Ek God is." 



Van ons ouerlike onderrig, word ons gelei om te glo dat "bedaar" beteken om stil te sit, hande gevou, geen beweging, bly stil. Die woord "bedaar" in Psalm 46 beteken egter nie om te sit en niks te doen nie. Die enkele Hebreeuse woord vir "bedaar" is raphah, 'n werkwoord wat laat gaan beteken, om rustig te raak, vry te laat. Om aktief en doelgerig van jou verwagtinge te laat gaan. Om te verwag dat God jou in die chaos sal ontmoet. Om rustig te raak, wetende dat Hy jou sien, met jou is en in volle beheer van jou situasie is. Om te laat vaar, jou probleme weg te gee aan God, die enigste Een groot genoeg om al die rampe van die lewe te neem en in vrede te verander, sy Vrede. Ware en standhoudende vrede is nie 'n plek of 'n gevoel nie. Vrede is 'n Persoon. 



God se geskenk van vrede is nie vir die gelukkige, uitgesoekte paar mense wat hulle lewe agtermekaar het nie (waar is daardie mense?). God se plan is dat elkeen sy vrede sal aanvaar. Vrede was die eerste kenmerk wat aan Hom toegeskryf is, die heel eerste verklaring van sy lewe. "Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!" Lukas 2:14.    



Hierdie aankondiging kon aan konings en leiers gelewer word, maar die hemelse aankondiging het na herders in 'n oop veld gekom, hulle wat deur sommige as lae werkersklas gesien is. Ek wonder of dit 'n openbaring van God se boodskap vir vrede is? Miskien is Vrede vir die mees nederige van hart bedoel. 



Bedaar. Laat vry. Ontspan. Vrede — Immanuel — is by jou. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Peace is a Person

Is jy soekend na 'n lewe van vrede en beskerming teen die chaos van jou wêreld? Smag jy na 'n lewe waar alles glad verloop sonder onderbrekings en geskille? Dis ons almal se wens, maar hierdie idee is ver van die werklik...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://www.amazon.com/Robin-Meadows/e/B081QMDFDR?ref_=pe_1724030_132998060

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid