Leesplan inligting

Vrede is 'n PersoonVoorbeeld

Peace is a Person

DAG 2 VAN 5

Vertroue Bring Vrede


Na 'n normale lang dag se bediening en uitgieting van sy lewe aan ander, sê Jesus vir sy dissipels die volgende: "Kom ons vaar oorkant toe" (Markus 4, Matteus 8). Hy het niks genoem van 'n geweldadige en skielike storm wat in aantog is nie. Het Hy geweet? Miskien, miskien nie. Maak dit regtig saak? Jesus het beplan om 'n bietjie doelbewuste rus te kry en Hy het geweet wat om in 'n storm te doen. Uitgeput, het Hy aan die slaap geraak. 


"Skielik het daar 'n groot storm losgebars, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat die skuit al begin vol word het. Jesus het op die bank in die agterstewe gelê en slaap" (Markus 4:37-38). Ek is seker die dissipels was sopnat en deurdrenk deur die golwe en stormagtige reën. Verskrik haas Petrus hom na Jesus en skud Hom wakker: " Meneer! Gee U dan nie om dat ons vergaan nie?" 


Jesus kalmeer die storm met sy woorde en teenwoordigheid. "Hou op! Bedaar!" Bestraf Hy dit in sy moedertaal — Vrede — en die geweldadige wind gaan lê en daar kom 'n groot stilte. 


In ons eie oorweldigende omstandighede, vra ons dikwels dieselfde self-gesentreerde vrae as die dissipels: Gee U glad nie om nie? Sien U nie my nood en vrese raak nie? Wie is U, God? Ek is besig om dood te gaan! Hoekom werk U nie in my situasie nie? Slaap U dan?


Jesus vra ons egter dieselfde vraag wat Hy sy manne vra nadat Hy die storm tot bedaring gebring het. "Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?" Dit is die vraag: Waarom is ek so bang? Waar is my geloof? Het dit geskuif as gevolg van my verkeerde denke?


Waarskynlik, ja. Die meeste van ons grootste storms sal in ons gedagtes geveg word.


Ons vrede en ons reaksies sal in die rigting gaan wat ons aan ons denke voorskryf. Ons vyand gebruik elke geleentheid om ons vertroue te steel en glimlag onheilspellend wanneer ons gedagtes ons na die slegste moontlike scenario dra. Hy ontmoet ons in die hoekoms, in die as-ons-maar-net, die ons-moes. Sy begeerte is dat ons saam met sy luide, nimmereindigende leuens moet saamstem. Hy sê: God sien jou nie. Hy gee nie om nie. Hy het jou in jou grootste nood verlaat. Dis jou verdiende loon omdat jy daardie keuse gemaak het. Jy is 'n verlore saak! As ons met hom saamstem, wen hy.


Jesus ontmoet nooit ons storms met beskuldigings nie. In liefde en sagmoedigheid, vra Hy 'n eenvoudige vraag: "Het julle dan nie geloof nie?"


Vertroue is nooit maklik nie, want dit sluit risiko in. Vertroue is my gewilligheid om sensitief vir God se dade en bedoelinge te wees. Ses-en-veertig jaar gelede het ek dit met 'n man gewaag en beloof om hom met my hart te vertrou. Sy getrouheid aan my oor die jare, selfs in die moeilikste tye, laat my veilig en geborge voel en gee aan my vrede. Ek bevraagteken nie sy bedoelinge nie. Ek vertrou hom omdat ek hom ken. 


Dit is ook waar van God. Ons vertroue in God — daardie plek van diepe, innerlike vrede — kom van rus in wat ons van Hom glo. Volkome vrede kom wanneer ons gedagtes op Hom gefokus is en ons glo dat sy bedoelinge met ons altyd goed is omdat Hy goed is. 


Vrees en bekommernis hoef nooit genooi te word nie. Hulle is vinnig om op te daag wanneer dinge moeilik gaan. Vrede kom wanneer ons moedig vir Jesus in ons storms, moeilike verhoudinge, en oorweldigende omstandighede innooi. Vrede is nie die afwesigheid van probleme nie, maar eerder die aanwesigheid van 'n betroubare Persoon wat ons sien, vir ons omgee en ons nooit sal verlaat nie. Hy spreek tot ons vrese, ons hoekoms en as-dit-maar-net: "Bly stil! Bedaar!" 


Wanneer vrede en geborgenheid swak of afwesig is, kan dit dan wees dat jou vertroue in iets anders is as die Persoon van Jesus Christus wat Vrede is? Hy praat met ons almal: "Het julle dan nie geloof nie?"


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Peace is a Person

Is jy soekend na 'n lewe van vrede en beskerming teen die chaos van jou wêreld? Smag jy na 'n lewe waar alles glad verloop sonder onderbrekings en geskille? Dis ons almal se wens, maar hierdie idee is ver van die werklik...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://www.amazon.com/Robin-Meadows/e/B081QMDFDR?ref_=pe_1724030_132998060

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid