Leesplan inligting

Wanneer die lewe probeer om jou te oorweldigVoorbeeld

When Life Tries to Overwhelm You

DAG 2 VAN 3

KOM NADER AAN GOD



Om nader aan God te kom het so baie voordele! Ons kom nader aan God deur tyd saam met Hom deur te bring. Wanneer ons die Bybel lees, bêre ons sy woord in ons harte, en daardie woorde kan ons onderskraag, bemoedig en na ons terugkom wanneer ons dit die nodigste het. Tye wanneer ons nader aan God beweeg, help om ons intimiteit met Hom te verstewig, of ons dit op daardie tydstip voel of nie. 



Wanneer ek en jy elke dag in 'n nabye, intieme verhouding met God is, beleef ons die volmaakte lewe. Dink net hieroor na — om langs die Skepper van die heelal te stap, om by die Wysheid van die eeue te leer, om direk van die Bron te hoor hoe om ons Goddelike bestemming te bereik, om onvoorwaardelik liefgehê te word deur die Een wat ons siele liefhet en om 'n seën te wees vir elkeen wat ons ontmoet … dit is die volmaakte lewe wat daar in God vir ons is! 



Psalm 16:1-11 skets vir ons 'n duidelike beeld van daardie lewe. Dit het so baie voordele om God te ken en om 'n diepe verhouding met Hom te hê — hier is net 'n paar. 



Vers 1 sê wanneer ons Hom ken, word ons beskerm: "Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U". In vandag se geweldadige, onstabiele wêreld, is daar niks beter as die wete dat Hy oor ons waak en dat ons by Hom veilig is nie.  



Verse 5 en 6 verwys na 'n blink toekoms saam met Hom: "Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. 'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi." 



Toe Dawid hierdie psalm geskryf het, was sy lewe vol moeilikhede, maar hy het God geken en vertrou, dus was hy vreugdevol tevrede. Om God te ken beteken dat ons Hom kan prys waar ons ook al is en dat ons met geloof vorentoe kan kyk. 



Verse 7 en 8 herinner ons hoe getrou God is om ons te lei: "Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie." Ons hoef nie bekommerd of ontsteld te wees nie. Ons het 'n stewige fondament in Hom! 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

When Life Tries to Overwhelm You

Ons lewe in onstuimige tye en die lewe kan meedoënloos wees. Jy kan maklik oorweldig voel, maar God is nie verbaas oor die plek waar jy jouself bevind nie. Hy maak vir jou 'n ontsnappingsroete daar uit — elke keer. Hoe n...

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid