Leesplan inligting

Wanneer die lewe probeer om jou te oorweldigVoorbeeld

When Life Tries to Overwhelm You

DAG 1 VAN 3

GOD KAN DIE NEERSLAGTIGHEID VERLIG



Nie lank gelede nie het ek met 'n paar dinge in my lewe gesukkel en my gedagtes het op die verkeerde plek gemaal. Dinge het nie gebeur soos ek verwag het nie, vrees het my beetgepak, mense het my geïrriteer en ek het vasgevang gevoel. Afgesien hiervan, het ek iets in die gesig gestaar wat ek net nie wou doen nie, en neerslagtigheid het soos 'n nat kombers oor my kom lê. 



Ek was vir byna 'n uur besig om myself te bejammer, toe die woorde wat ek in Psalm 136 gedurende my oggend oordenking gelees het, skielik by my opkom: "Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie." 



As jy al ooit Psalm 136 gelees het, weet jy dit het 26 verse en elke enkele vers eindig met dié woorde: "Aan sy liefde is daar geen einde nie." Dit kan effens oortollig klink terwyl jy dit lees, maar as God iets soveel keer sê, dink ek Hy is ernstig om iets vir ons te vertel! 



Toe ek dit gelees het, was ek 'n bietjie ongeduldig en die herhalende woorde het net by my verbygegaan, maar toe dit later na my terugkom terwyl ek myself jammer kry, het dit skielik tot my gees deurgedring soos — sjoe! Aan sy liefde is daar geen einde nie! Hy is goed! Alles gaan in orde wees! Sjoe! 



Dit is moeilik om geestelike dinge in natuurlike woorde te omskryf, maar al wat ek kan sê is: dit was definitief 'n wonderlike oomblik. God se vreugde het deur my gestroom, die neerslagtigheid het begin weggaan en ek was vervul met die kennis dat ek nie net hierdie dag gaan oorleef nie, maar dat ek deur dit gaan seil — ek was aan die kant van oorwinning! 



Nehemia 8:11 sê: "… as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm" — ek was vervul met God se krag en ek kon nie anders as om Hom te prys nie. Ek het geweet alles gaan ten goede meewerk. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

When Life Tries to Overwhelm You

Ons lewe in onstuimige tye en die lewe kan meedoënloos wees. Jy kan maklik oorweldig voel, maar God is nie verbaas oor die plek waar jy jouself bevind nie. Hy maak vir jou 'n ontsnappingsroete daar uit — elke keer. Hoe n...

More

Baie dankie aan Karen Jensen Salisbury wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://karenjensen.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid