Leesplan inligting

Om God Se Hart Te KenVoorbeeld

Knowing God’s Heart

DAG 4 VAN 4

God Se Hart Vir Alle Mense



God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Johannes 3:16



Die vers hierbo is die kern van die evangelie. Eenvoudig gestel, beteken evangelie goeie nuus en dit is God se plan om ons — sondige mense — te red van 'n ewige skeiding van Hom. Voordat ons die goeie nuus regtig kan waardeer, moet ons weet waarom ons dit nodig het. 



God is volmaak. Hy laat geen sonde of onvolmaaktheid toe nie. Omdat ons sondige, onvolmaakte mense is, kan Hy nie met ons in 'n verhouding wees nie. In plaas daarvan dat Hy van ons verwag om volmaak te wees sodat ons Hom kan ken, het Hy vir Jesus aarde toe gestuur. Hy het gekom om dinge met ons reg te maak, want God het geweet dat ons dit nie alleen kan doen nie. Daarom word dit goeie nuus genoem! Hier is 'n paar belangrike dinge wat jy oor die evangelie van Jesus Christus moet onthou:



God Het Almal Lief

Let op Johannes 3:16 sê nie dat God sommige mense in die wêreld liefhet nie. Daar word gesê dat Hy die wêreld liefhet en dit beteken al die inwoners daarvan. God se hart is vir alle mense. Die evangelie is vir almal bedoel.



God Wil Almal Hê

2 Petrus 3:9 sê: "Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer." Ons dink dalk dat God laat is, maar God is altyd betyds. Hy het ons só lief dat Hy nie wil hê iemand sonder Hom moet sterwe nie. 



God Stuur Almal

Die laaste ding wat Jesus aan sy volgelinge gesê het voordat hy die aarde verlaat het om hemel toe te gaan, was om dissipels van al die nasies te maak. Ons hoef nie almal na ander lande toe te gaan nie, maar ons word geroep om gehoorsaam te wees waar ons is, met die waarheid wat ons ken.



As Jesus ons Verlosser is, laat ons dan saam met Hom leef as ons Here. As Hy ons Verlosser is beteken dit dat Hy ons gered het. As Hy ons Here is, beteken dit dat Hy ons lei. Laat ons God dus elke dag prys vir wie Hy is en bid dat ons sy hande en voete op hierdie aarde sal wees. Laat ons Hom aanbid vir sy wonderwerke en Hom vra om aan ons te openbaar hoe lief Hy almal het, ongeag hul status, optrede of geloof. 



Daar is 'n verlore en sterwende wêreld wat die hoop nodig het wat vir ons gegee is. Hulle het die vreugde nodig wat ons, as God se kinders, in ons harte het. Ons het die antwoord op die seer en hartseer wat mense verduur. Dit is nou die tyd vir lofprysing en die verkondiging van die woord.



Dit is hoekom ons hier is. 


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Knowing God’s Heart

Ons kan maklik vasgevang word om dinge oor God te glo wat nie waar is nie. Soms sien ons dinge op sosiale media of die nuus, wat maak dat ons Hom bevraagteken. Wat is dus waar oor God? Weet Hy wat Hy doen? Is Hy regtig l...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid