Leesplan inligting

Om God Se Hart Te KenVoorbeeld

Knowing God’s Heart

DAG 3 VAN 4

God is Liefde



Ons het almal gehoor dat God ons liefhet. Nie net het God ons lief nie, maar Hy is liefde. Ons God is sinoniem met liefde. Nie die soort liefde wat ons aan aardse besittings of tydelike gevoelens toeskryf nie, maar die soort liefde wat ver bo ons begrip is. Hierdie liefde is volmaak, want God is liefde. Nie net is Hy liefde nie, maar Hy het ook lief! Die enigste rede waarom ons ooit iemand regtig kan liefhê, is omdat God ons eerste liefgehad het. 



Van die begin van die mensdom af het God sy mense liefgehad. In die Ou Testament was daar egter 'n groot gaping tussen ons volmaakte God en sondige mense. God se toornige optrede was dikwels om daardie sonde te hanteer, en omdat ons weet dat ons God 'n liefdevolle God is, is dit gewoonlik iets wat ons beperkte verstand nie kan begryp nie. As God dan liefde is, waarom was Hy oënskynlik so gemeen? Die waarheid is dat daar vir sonde betaal moes word. Daarom het God vir Jesus gestuur om te sterf en so, eens en vir altyd, alles tussen mense en God reg te maak. 



Kom ons praat oor twee fasette van hierdie eienskap van God: Sy liefde en hoe Hy ons liefhet.



Die Liefde van God

God se liefde is onmiskenbaar vanweë sy wonderbaarlike werke. Ons sien elke dag bewyse van sy liefde: wanneer 'n kind gebore word, met sonsopkoms en wanneer ons kies om goedhartig teenoor ander te wees. God se liefde was eerste daar. God se liefde word nie geaffekteer wanneer ons verkeerde dinge doen nie. Hy is nie verbaas of teleurgesteld as ons misluk nie. God se liefde is ongeëwenaard bo alles. Niks kan daarmee vergelyk word nie. Geen woorde kan voldoende daaraan uitdrukking gee nie. Geen verstand kan dit ten volle begryp nie. Dit beteken egter nie dat ons dit nie kan aanvaar en daarin kan leef nie. 



God se Liefde Vir Ons

God se liefde vir ons is nie afhanklik daarvan dat ons Hom op ons beurt liefhet nie. Volgens 1 Johannes 4: 9-10 het God sy liefde vir ons bewys deur Jesus na die wêreld te stuur as 'n versoening vir ons sondes. Die apostel Paulus het in Romeine 6:23 vir ons gesê dat Jesus vir ons gesterf het "terwyl ons nog sondaars was." Dis nie nodig dat ons eers met God regmaak voordat ons na Hom toe kom nie. Die manier waarop ons met Hom regmaak, is om eenvoudig na Hom toe te kom. 



Dit is hoe lief Hy ons het. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Knowing God’s Heart

Ons kan maklik vasgevang word om dinge oor God te glo wat nie waar is nie. Soms sien ons dinge op sosiale media of die nuus, wat maak dat ons Hom bevraagteken. Wat is dus waar oor God? Weet Hy wat Hy doen? Is Hy regtig l...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid