Leesplan inligting

Om God Se Hart Te KenVoorbeeld

Knowing God’s Heart

DAG 2 VAN 4

God Hou Daarvan om te Vergewe



Die woordeboek definieer die woord genade as onverdiende Goddelike hulp wat aan die mens verleen word vir wedergeboorte of heiligmaking. Die woord onverdiend is hier die sleutel. Daarom sou ons in die Christelike geloof kan sê dat genade iets is wat ons nie verdien nie. Een van die wonderlikste dinge wat aan ons deur God se genade gegee is, is sy vergifnis. 



In Lukas 15 vertel Jesus 'n gelykenis van 'n ondankbare seun wat sy erfdeel van sy vader se boedel opgeëis het. Die vader het die versoek toegestaan en die seun het weggegaan met alles wat hy ontvang het. Hy het ligsinnig en roekeloos geleef, alles verkwis wat hy gehad het en uiteindelik het hy besluit om terug huis toe te gaan. Tot sy verbasing was sy vader op die uitkyk vir hom, het hom tegemoet gehardloop en hom met 'n genade-gevulde, onverwagse verwelkoming ontmoet. Ons lees graag hierdie verhaal, want dit is 'n toonbeeld van liefde wat aan die onverdienstelike bewys is. Dit is hoe God teenoor ons voel.



Ons kom egter ook agter dat ons onsself distansieer wanneer hierdie seun terugkeer huis toe en met feesvieringe ontvang word. Daar was geen “Ek het jou mos gesê nie” kommentaar of les oor wat die pa sal doen as dit weer gebeur nie. Daar is net ontsaglike liefde, verstommende genade en oorweldigende vergifnis uitgestort op 'n baie onwaardige seun. Dit is nou voorwaar ongemaklik, nie waar nie? 



Só werk God se vergifnis in die voorsienigheid van die hemelse koninkryk. God vergewe ons vryelik vanweë Jesus se volmaakte daad van onbaatsugtigheid aan die kruis. Ons ontvang vergifnis omdat Hy dit gegee het. Ons verdien niks deur ons goeie werke nie; Jesus se volmaakte werk doen alles vir ons. 



Ons wil vergifnis hê, maar weet eerlikwaar nie hoe om dit te aanvaar nie. Ons weet dit is 'n geskenk, maar ons wil darem iets doen om net 'n bietjie daarvan te verdien. Deur 'n geskenk te ontvang wat ons nooit verdien het nie, waarvoor ons nooit genoeg kan doen om terug te betaal nie, is meer as wat ons beperkte denke kan begryp. Gelukkig is God se vergifnis vir almal wat na Hom roep. Almal. 



Omdat God vergewensgesind is, maak dit net sin dat ons kanale sal wees waardeur daardie vergifnis ander kan bereik. Om ander te vergewe sal ons egter iets kos. Dit sal swaar wees. Dit sal moeite verg. Dit sal indruis teen wat ons wil hê. Ons sondige natuur verlang na wraak. Nie net dit nie, maar ons dink dat daar 'n soort “sondestelsel” is waar sommige sondes minder sleg en ander uiters sleg is. Alle sonde is sleg, maar nie alle gevolge van sonde is dieselfde nie. God haat alle sonde, ongeag die intensiteit daarvan. 



Prys God dat Hy ons nie haat nie! Hy wag vir ons en tuur die verte in om te sien wanneer ons terugkom huis toe. Hy is gereed om na ons toe te hardloop, en ons feesvierende met sy genade, aanvaarding en vergifnis te oorweldig. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Knowing God’s Heart

Ons kan maklik vasgevang word om dinge oor God te glo wat nie waar is nie. Soms sien ons dinge op sosiale media of die nuus, wat maak dat ons Hom bevraagteken. Wat is dus waar oor God? Weet Hy wat Hy doen? Is Hy regtig l...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid