Leesplan inligting

Liefde Is 'n PersoonVoorbeeld

Love Is a Person

DAG 8 VAN 8

Dis 'n risiko om ander lief te hê, omdat daar geen waarborg is dat daardie liefde beantwoord gaan word nie. Dit verg dapperheid en vrymoedigheid om ander lief te hê. Natuurlik is dit die maklikste om die mense lief te hê wat saam met ons stem of wat dieselfde lewensstyl as ons het. Dit is redelik maklik om vreemdelinge lief te hê. Dit is weer baie moeilik om die mense naaste aan ons voortdurend lief te hê, omdat hulle ons kan en gaan seermaak. Wanneer ons seergemaak word, dan tree ons terug en weerhou ons liefde uit vrees dat ons weer seer gaan kry en dit veroorsaak die voortsetting van 'n bose kringloop.


1 Korintiërs 13:7 DB vertel ons:


 “... Liefde ken ook geen einde nie.” 


Vrees is die teenoorgestelde van liefde. Vrees kan nie teenwoordig wees waar God se liefde oorvloedig is nie en sy liefde is oorvloedig in jou!


Al is ons teleurgesteld, kan ons kies om onsself op te tel en vorentoe te beweeg, want liefde word nooit verslaan nie! Liefde bly op sy koers. Dit sal jou nooit laat vaar nie. Wanneer dinge van sleg na slegter gaan, beweeg die liefde nogtans vorentoe en nooit agteruit nie. 


Liefde verloor nooit moed nie. Liefde verduur en druk verby die uithoupunt. Wanneer jy reg is om moed te verloor, dan reik Liefde uit, verby ons omstandighede met hoop vir die toekoms. Hierdie hoop is nie 'n ydele wens vir iets wat moontlik nie gaan gebeur nie, maar die oortuiging dat God ons sien en dat Hy aan die werk is, al kan ons nie 'n goeie uitkoms sien nie. 


Liefde gee hoop as 'n skuiling vir die moeilikste omstandighede.


Liefde hou vas aan hoop: 


  • vir die onvriendelike buurman.

  • vir die uitdagende pleegkind.

  • vir die medewerker wat jou irriteer. 

  • vir jou man of vrou wat nie weet hoe om lief te hê nie.

Wanneer ons toelaat dat ons liefde vashou aan hoop, dan sal niks dit oorwin nie, want “Liefde is nie iets wat 'n mens kan opgebruik en dan sê dis klaar nie" 1 Korintiërs 13:8a DB.


Jou vyand, die Satan, het net een doel: om jou van Liefde af te laat wegkeer, want die Satan is die teenoorgestelde van liefde en van God. Hy hou aan om vrees en nederlaag te fluister sodat jy sal handdoek ingooi en met hom saamstem dat die omstandighede 'n verlore saak is. Hy wil jou invloed steel, jou hoop doodmaak en jou liefde vernietig. As hy dit kan doen dan het hy gewen. Ons moet waaksaam wees en standvastig teen hom staan — deur Liefde te kies.


Wanneer die twee koninkryke bots, is Liefde die krag wat die duisternis skei en terugdruk en die vyand keer. Wanneer mense onbeskof en onvriendelik is, moet jy kies om hulle nogtans lief te hê. Wanneer daar konflik is, vra om verskoning en vergewe en kies altyd liefde.


Liefde is 'n baie hoë roeping, maar dit is nie buite jou bereik nie, want ons word nooit gevra om uit ons eie hulpbronne en vermoëns lief te hê nie. Net soos alle dinge, as ons oefen dan sal ons beter word. Ons sal sterker word. Ons sal verder kan gaan as wat ons ooit gedink het moontlik is. 


Liefde is 'n Persoon. Wanneer ons in Hom geanker is, kan ons aanhou om liefde vir ander te gee sonder om te vrees dat ons onsself gaan verloor. 


“Onthou wat die verskil maak: julle moet mekaar liefhê” Jesus, in Johannes 15:17 DB.


Hierdie voorbeeld van liefde wat deur Paulus in 1 Korintiërs 13 geskryf is, is nie 'n volledige lys van liefde se karaktereienskappe nie, want die diepte van sy liefde word aan jou gegee regdeur die Skrif. Terwyl jy dieper delf in sy Woord en meer ontdek oor wie Hy is en wat Hy oor jou sê, bid ek dat jou liefde vir ander sal vermeerder.


Jy kan met Robin op Instagram kontak maak @manymeadows  of manymeadows@gmail.com


 Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Ontdek ander hulpbronne van YouVersion  


Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Love Is a Person

As volgelinge van Jesus glo ons dat God liefde is, maar baie keer is ons vermoë om ander lief te hê 'n uitdaging. Miskien is dit omdat liefde nie net 'n gevoel of sterk emosie is nie. Liefde is 'n Persoon. Gaan op 'n rei...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid