Leesplan inligting

Liefde Is 'n PersoonVoorbeeld

Love Is a Person

DAG 2 VAN 8

In die laaste vers van 1 Korintiërs 12 (DB) vertel Paulus ons: “Maar nou wil ek vir julle van iets vertel wat vir elkeen van julle altyd die beste is.”


Dit bring ons dan by 1 Korintiërs 13, "Die Liefdes Hoofstuk", wat vir ons 'n beskrywing van liefde gee, 'n les oor hoe om vir ander lief te wees.


Die eerste verse van die hoofstuk vertel ons dat ons dalk begaafd en talentvol kan wees, oor baie wysheid kan beskik en groot geloof kan hê, maar as jy ander nie liefhet nie, dan beteken al hierdie dinge niks nie, dan is jy niks. Laat hierdie gedagte insink.  


In vers 4 staan:


“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik.”


Uit my eie mislukte verhoudings het ek ontdek dat my kapasiteit om ander lief te hê direk verband hou met hoe sterk ek glo dat God my liefhet. Wanneer ons aanhou om te groei in die begrip van wie Hy is en die omvang van sy liefde vir ons, sal ons deernis verkry en die vermoë om liefde aan ander te gee deur sy oneindige liefde.  


Ons geduld of die gebrek daaraan, openbaar en ontbloot wat ons oor onsself glo. Hoogmoed en ons eie trots, vernietig verhoudings. 'n Verwaande siening van onsself en hoe dinge "moet" werk, word ons dryfveer as gevolg van ons onsekerhede en vrese. Gevolglik, veroorsaak ons ongeduld om ander te druk en meer te verwag as wat gegee is. Ek weet dit was waar van myself; vra maar my gesin. Ek wou dinge op my manier en binne my tydraamwerk gedoen hê. Hoe selfsugtig en verwaand van my. Kan jy daarmee identifiseer? 


Geduld, 'n vrug van die Gees, is die praktyk om te wag sonder om te kla. Dit weerspreek ons trots. Geduld is 'n offer van genade vanuit 'n houding van nederigheid, om gefokus te wees om ander bo onsself te plaas. Dit is die begin om selfbeheersing toe te pas, mag te beheer, bereidheid om te wag en ontsag vir woede.


“Verstommende” geduld ontwikkel wanneer jy nederig en afwagtend op die Gees van God is om in jou omstandighede te werk sonder om een onvriendelike woord te sê, sonder om die situasie te manipuleer en om nie op jouself te fokus nie. Liefde wat deur geduld uitgedruk word, vereis die nodige tyd. Dit wag. Dit luister. 


Of dit in reaksie op ergernis of die uithou van 'n lang-verwagte hoop, sal jou vlak van geduld die diepte, sterkte en bron van jou liefde openbaar. Geduld verstaan en glo dat God jou so liefhet, dat Hy jou raaksien, dat Hy alles onder beheer het en dat Hy werk tot jou beswil en sy verheerliking, selfs wanneer dit onmoontlik lyk. In my eie lewe, het geduld met myself, my gehelp om met ander mense geduldig te wees.


As dit vir jou moeilik is om in geduld lief te hê, dan moet jy jouself verbind aan die Bron van ware liefde. Vra Hom vir die nodige krag en vermoë om ander lief te hê met geduld, eerder as om jou ongeduldige verwagtinge uit te druk. Bedank Hom vir die geduld wat Hy aan jou bewys. Deur sy kragtige liefde, sal jy geduldig word en jou liefde sal vermeerder!


"Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde" Efesiërs 4:2.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Love Is a Person

As volgelinge van Jesus glo ons dat God liefde is, maar baie keer is ons vermoë om ander lief te hê 'n uitdaging. Miskien is dit omdat liefde nie net 'n gevoel of sterk emosie is nie. Liefde is 'n Persoon. Gaan op 'n rei...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid