Leesplan inligting

Liefde Is 'n PersoonVoorbeeld

Love Is a Person

DAG 5 VAN 8

Verhoudings sou maklik gewees het as dit nie vir die mense was nie. Dit is 'n humoristiese stelling, maar so akkuraat!



Selfs die beste verhoudings kan moeilik wees om te hanteer. Ons is immers onvolmaakte mense wat probeer om saam te bestaan en hoe nouer die verhouding is, hoe moeiliker kan dit wees.



Ons het almal ons gebruike – ons gewoontes en eienaardighede. “Ons gebruike” bepaal hoe, wanneer of hoekom ons dinge doen of dink dit gedoen moet word. Die meeste egpare stem nie saam oor hoe die toiletpapier moet hang, hoe die handdoeke en die t-hemp gevou moet word, hoe om die kinders te dissiplineer, of wat die regte temperatuur van die termostaat moet wees nie. Kinders het beslis ook hul gebruike en dit is gewoonlik die teenoorgestelde van die ouer s'n. Ons hou van ons eie gebruike. Meestal glo ons “my manier is die regte manier en jou manier is verkeerd!” 



Wanneer jou pad myne kruis, is daar dikwels konflik en wrywing. Die keuse om liefde te beoefen vind plaas by die kruising van jou pad met 'n ander s'n. In hierdie kruising van weë herinner, 1 Korintiërs 13:5 DB ons dat liefde is: “... om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie ...”



Wanneer ons God se weg volg en daarmee saamstem, verloor ons weë hul mag oor ons. Soos ons by Hom aansluit en ons aandrang om reg te wees prysgee, verkry ons vryheid om nie altyd te wil “wen” nie. Liefde kies om God te verheerlik eerder as om te kies om die laaste woord te sê of reg te wees. Immers, wanneer ons probeer wen of reg wees, moet iemand anders verloor en al wat wen is ons trots. Ons kan kies of ons wen of liefde wen, want 1 Korintiërs 13:5 AFR20 gaan voort om te sê dat liefde: “... jaag nie eiebelang na nie ...”.



Die woord eer is gewortel in waarde en verheerliking. Jou ingesteldheid om 'n ander te eer, verhef hulle bo jou begeertes, menings en gebruike en bied eerder aan hulle 'n posisie van hoë aansien. 



Om 'n ander te eer en te ag, druk so sterk teen die duisternis van die geestelike ryk dat dit 'n byna tasbare energie skep as ons daardie persoon die ruimte gee om te wees wie God hulle geskape het om te wees. Liefde, in die vorm van eer wat vir 'n ander uitgedruk word, eer God op sy beurt en maak plek vir Hom.



Deur iemand te eer, veral wanneer die persoon dit nie verdien nie, laat die wonderbaarlike deernis van God ons harte binnedring sodat ons daardie persoon kan sien soos Hy – uitverkies, geliefd en hoogs gewaardeer, geskape as sy eie beeld. Ons uitdrukking van sy liefde vir 'n ander bou 'n plek van vertroue, sekuriteit en veiligheid.



Wanneer ons die ontsaglike waarde wat God vir ons het verstaan en aanvaar, is ons in staat en gewillig om ander uit sy krag te eer, dit maak nie saak hoe moeilik hulle mag wees nie.



“Julle moet mekaar asseblief aanvaar. Onthou: Christus het julle almal met oop arms aanvaar en op hierdie manier groot eer aan God gebring” Romeine 15:7 DB.



Oorweeg dit om vandag se Skriflesing uit Die Boodskap (DB) te volg.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Love Is a Person

As volgelinge van Jesus glo ons dat God liefde is, maar baie keer is ons vermoë om ander lief te hê 'n uitdaging. Miskien is dit omdat liefde nie net 'n gevoel of sterk emosie is nie. Liefde is 'n Persoon. Gaan op 'n rei...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid