Leesplan inligting

Liefde Is 'n PersoonVoorbeeld

Love Is a Person

DAG 7 VAN 8

“Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid” 1 Korintiërs 13:6.



Ons kyk vlugtig na hierdie vers, maar ons neem nooit in ag dat ons ons sal verlustig in die bose nie. Kan ons oordeel oor ander net dit wees – boos? 



“Hy het gekry wat hy verdien.” 



“Haar verdiende loon.” 



“Hulle het dit verdien.”



Hierdie woorde en gedagtes sal nooit deur die Heilige Gees geïnspireer word nie. Ek was al baie keer daar – stem saam met die bose dan voeg jy by tot sy krag. 



Wat ek geleer het: elke mens op aarde is ten volle en volkome geliefd deur ons God. Hy het almal net so lief as wat Hy my liefhet, dit maak nie saak wat hulle gedoen het nie. Sonde is sonde is sonde, insluitend my bose gedagtes. Alle sonde skei ons van God, en van liefde.



1 Korintiërs 13:7 DB bied 'n oplossing vir hierdie bose gedagtes: 



“Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het; liefde glo altyd die beste van ander mense ...”



Liefde moet die basis van ons gedagtes en houdings teenoor mekaar wees – die ergste misdadiger of ons eiesinnige tiener. Liefde fokus op die hart eerder as die gedrag. Hierdie aansporing van ons liefde is nie om 'n mens se gedrag te verskoon nie; dit gee ons eerder geestelike oë om die persoon agter hul pyn te sien. 



Ons liefde vir ander is 'n veilige plek van skuiling wat slegte houdings en teleurstellende gedrag bedek met 'n kombers van deernis en genade eerder as om aan ons eiegeregtige aannames uitdrukking te gee. Waarheid, sonder liefde is 'n wapen wat vermorsel en verpletter.



Jy dink dalk: “Jy weet nie van my leuenagtige eggenoot, my rebelse tiener of my haatlike medewerker nie.” 



Selfs ten aanskoue van konflik met die moeilikste persoon, kan ons 'n diep asemteug van die Heilige Gees neem, wat ons die vermoë sal gee om die beste van ander te glo – om hulle deur sy oë te sien. Liefde kies 'n genadige reaksie bo 'n emosionele reaksie. Waarom anders sou hierdie Skrif so sê, as dit nie moontlik was nie?



Liefde trek ander in genade nader. Ons moet hierdie mense en hul probleme in die hande van 'n liefdevolle God plaas — wat die enigste oplossing vir ons moeilike verhoudings is. Die splinter in 'n ander se oog word vinnig kleiner wanneer ons die balk in ons eie begin hanteer.



God nooi ons uit om in die veilige skuiling van sy liefde in te tree en daardie moeilike mense saam met ons te bring.



“Met sy vlerke sal Hy jou bedek, onder sy vleuels sal jy skuiling vind" Psalm 91:4 AFR20.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Love Is a Person

As volgelinge van Jesus glo ons dat God liefde is, maar baie keer is ons vermoë om ander lief te hê 'n uitdaging. Miskien is dit omdat liefde nie net 'n gevoel of sterk emosie is nie. Liefde is 'n Persoon. Gaan op 'n rei...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid