Leesplan inligting

Liefde Is 'n PersoonVoorbeeld

Love Is a Person

DAG 3 VAN 8

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik ..." 1 Korintiërs 13:4 AFR20.



Om in sagmoedigheid lief te hê, beteken om jouself met 'n saggeaarde en gelykmatige gees te gedra. Dit is 'n vertoning van liefde wat nie in uiterstes van emosie gevind word nie. 



Vriendelikheid is 'n optrede wat 'n ander verhef en eer.



Goedhartigheid wat aan 'n ander gebied word, is 'n handeling wat spruit uit die sagmoedigheid in ons harte. 



In ons pogings om ander lief te hê, is dit egter die woorde liefde is geduldig in die vers wat vir my uitgestaan het. Dit is redelik maklik om liefde in vriendelikheid en sagmoedigheid te betoon teenoor diegene wat maklik is om lief te hê. Wat van moeilike of irriterende mense? Dit is nie maklik om liefde in geduld te betoon nie, en beslis nie maklik om sagmoedig en vriendelik teenoor hulle te wees nie. In werklikheid is dit makliker om liefde te weerhou, want ons gevoelens sê vir ons dat hulle dit beslis nie verdien nie! 



Dikwels woon hierdie moeilike mense in ons eie huise, of miskien is hulle die mense aan wie ons direk rapporteer by die werk. Hulle is soms selfs ons vyande. Wanneer hierdie mense teen ons te staan kom in hulle onvolwassenheid of onsekerheid of veral in hulle haat, is dit maklik om aan onvriendelike woorde en houdings uiting te gee. Ons sagmoedigheid van gees verdwyn tydens die konflik. 



In hierdie oomblikke gebruik ons liefde soos geldnote, ons deel dit uit wanneer mense vir ons aanvaarbaar is en ruk dit weer terug wanneer daar nie aan ons verwagtinge voldoen word nie en ons teleurgesteld is. 



Toon ons liefde deur geduldig te wees met ons gades, ons kinders, ons ouers, of is ons kort van humeur? Is ons saggeaard terwyl ons bestuur of gaan ons wild tekere terwyl ons beduie en skree? Is jy geduldig met die stadige kassier by die winkel, die onoplettende kelner by die restourant, die verkoper op die telefoon of met daardie persoon op die internet?



Hoflikheid, 'n vertoon van sagmoedigheid en vriendelikheid teenoor mekaar, is vandag in ons samelewing 'n byna vergete eienskap. Die woord is gewortel in die seremoniële maniere wat in 'n koninklike hof gebruik word. Om hoë respek en bedagsaamheid aan diegene te betoon met wie ons saamleef of ontmoet, veral dié wat die moeilikste is, is gepaste eienskappe van seuns en dogters van die Allerhoogste.



Hoe kan ons in geduld diegene liefhê wat ons irriteer? Hoekom vra God ons om onaangename mense lief te hê, selfs diegene wat teen ons gekant is? 



Om geduldig liefde deur sagmoedigheid te betoon is slegs moontlik wanneer ons die geduldige liefde en genade erken wat ons Vader aan ons bewys. Hy hou nooit sy liefde terug nie, selfs wanneer ons dit nie verdien nie.



Psalms 117:2 (AFR20) sê: "want magtig oor ons is sy troue liefde, ja, die trou van die Here is vir ewig." Daarvoor is ek so dankbaar. 



Kom ons maak dit 'n gewoonte om ons harte met sagmoedigheid en vriendelikheid te vul deur hoflik teenoor ander te wees. God se Gees in ons, sal daardie vrug in staat stel om te vermeerder en te groei.



Oorweeg om vandag se Skriflesing uit Die Bybel 2020-vertaling (AFR20) te volg.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Love Is a Person

As volgelinge van Jesus glo ons dat God liefde is, maar baie keer is ons vermoë om ander lief te hê 'n uitdaging. Miskien is dit omdat liefde nie net 'n gevoel of sterk emosie is nie. Liefde is 'n Persoon. Gaan op 'n rei...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid