Leesplan inligting

Liefde Is 'n PersoonVoorbeeld

Love Is a Person

DAG 1 VAN 8

Die volledige boodskap van God se geskrewe Woord is gebaseer op net een gedagte, een idee, een Persoon: Liefde. 


Liefde is die rede — die dwingende krag van ons bestaan, die antwoord hoekom ons gebore is. God, wat liefde is, het ons uit liefde geskep, vir liefde, om lief te hê. Dit is sy grootste opdrag aan ons — om Hom en ander lief te hê en om vreugdevolle verhoudings deur daardie liefde te ervaar.


Ons liefdevolle God het sy enigste Seun geoffer, om ons sondes te bedek, dit was die grootste uitdrukking van sy liefde vir jou en vir my. Die meeste van ons ervaar hierdie herskeppende vertikale liefde van God, nogtans kan ons moeilike tye ondervind en met ons horisontale verhoudings droewig misluk — ons huweliksmaats en kinders, ons ouers, ons vriende en ons medewerkers. Wanneer ons misluk om liefde aan ander te gee, dan verloor ons huwelike, vriende, werksgeleenthede of moontlik net ons humeur. 


Die probleem is dat ons liefde uitbrand. Dit raak geleidelik minder en droog op, as gevolg van ons gevoelens wat vervaag en verander, of as gevolg van pynlike ervarings wat ons afgesluit het.


Vir liefde om aan te hou en nie te misluk nie, moet ons 'n Bron van volmaakte liefde hê, een wat groter is as die diepte van ons vermoëns, gevoelens en emosies. As God liefde is, sal sy liefde ooit opraak? Is daar 'n einde aan sy groot liefde? 


Die antwoord is nee. Solank as wat ons aan die eindelose Bron verbind is en omdat sy liefde vir ons so groot is, sal daar nooit 'n tyd wees waar ons nie liefde aan ander kan bied en bewys nie.


Nogtans misluk ons almal. Gelukkig, wanneer ons ons na Hom keer, dan oorweldig Hy al ons mislukkings met sy vrygewige genade en barmhartigheid en bied aan ons 'n nuwe begin. Ons kan vorentoe beweeg, weg van ons mislukkings af, deur vas te hou aan die waarheid dat God ons Syne noem. Ons swakheid is sy grootste krag.


Terwyl ons oefen om ander lief te hê, mag ons een tree vorentoe en twee tree agtertoe gee. Soos ons aanhou om plek te maak vir Hom en te bly in sy betroubare, ewige, Augrabiese waterval van liefde, moet ons reaksie teenoor ander altyd wees om lief te hê, altyd te dien en altyd te gee. Ons vermoë om lief te hê sal nooit uitgeput raak nie, want liefde is nie net 'n gevoel of emosie nie. Liefde is 'n Persoon. Hy is vir ons, Hy is by ons en Hy bemagtig ons met sy groot liefde, om ander lief te hê, meer as wat ons dink dit moontlik kan wees. 


Volg my oor die volgende paar dae terwyl ons verder lees oor die beoefening van die hoër roeping om ander lief te hê met sy groot liefde.  


“God het ons eerste liefgehad. Daarom kan ons ook nie anders as om lief te hê nie" 1 Johannes 4:19 DB.


Oorweeg om vandag se Skriflesing uit Die Boodskap (DB) te volg.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Love Is a Person

As volgelinge van Jesus glo ons dat God liefde is, maar baie keer is ons vermoë om ander lief te hê 'n uitdaging. Miskien is dit omdat liefde nie net 'n gevoel of sterk emosie is nie. Liefde is 'n Persoon. Gaan op 'n rei...

More

Ons wil graag Robin Medows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://linktr.ee/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid