Leesplan inligting

Groei in GeloofVoorbeeld

Growing Your Faith

DAG 4 VAN 4

As en Dan 



Hoe meer ek bewus word van die werk wat God nog in my moet doen, hoe minder krities is ek oor wat Hy nog in jou moet doen. – Andy Stanley



Ons het die laaste drie dae verse bespreek wat 'n oorsaak en gevolg verbintenis het. As ons resultate in ons lewens wil sien, is daar iets wat ons eers moet doen. Op hierdie laaste dag gaan ons na twee Skrifgedeeltes kyk waar Jesus oor iets soortgelyks gepraat het.



Matteus 17:20

"'Omdat julle geloof te klein is', sê Hy vir hulle. Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie." 



Dis duidelik dat Jesus vir ons gesê het dat niks vir ons onmoontlik is nie, dus kan ons daardie waarheid opeis. As ons egter net heeltyd sê "niks is onmoontlik nie," mis ons die eerste gedeelte wat sê dat ons geloof nodig het. Die goeie nuus is ook dat ons nie baie geloof nodig het nie – ons het net geloof so groot soos 'n mosterdsaad nodig. 'n Mosterdsaad is omtrent 1-2 millimeters groot. Dis baie min geloof. God vra ons nie om perfekte geloof te hê nie, net 'n bietjie geloof! Hy sal vir seker vir die res sorg. 



Johannes 8:31-32

"Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: 'As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.'” 



Ons wil almal vryheid hê. In der waarheid is daar niks anders wat beter as daardie gevoel is nie. Hoe kan ons egter verwag om vryheid te bekom as ons nie by dit wat Jesus ons geleer het, bly nie? Almal soek hulle eie weergawe van die waarheid, maar ons moet in die Woord van God vasstaan. Dit is dié bron van waarheid vir die volgelinge van Christus.



Om in geloof te kan groei moet ons sekere dinge doen. Die Christelike wandel is 'n opleidingsterrein waar ons streef om meer soos Jesus te word. Ons sal nooit perfek wees nie, wat beteken dat ons op hierdie reis sal bly totdat ons hierdie aarde verlaat. Ons sal altyd meer geleenthede kry om in geloof te groei. 



Ons sal ook voor ons weet, op 'n leeftyd van vooruitgang kan terugkyk en bemoedig word deur die feit dat God regtig die werk sal klaarmaak wat Hy in ons begin het. 



Oordink

Oordink die teksverse hier bo. Sukkel jy op die oomblik? Kyk na die voorvereistes van geloof en waarheid en vra God om jou te wys waar jy nog moet groei.



Soos wat jy verder die Bybel lees, soek verse wat 'n "as-dan" of "wanneer-dan" patroon het. Vra God om jou te wys waar jy 'n resultaat soek voordat jy self enige moeite gedoen het. 


Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Growing Your Faith

Die Bybel het baie te sê oor hoe ons in geloof kan groei en ten volle aan Jesus toegewyd kan wees. Soos Hy ons van binne verander, nooi Hy ons uit om 'n deel van die proses te wees. In hierdie 4-dag leesplan sal ons diep...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid