Leesplan inligting

Groei in GeloofVoorbeeld

Growing Your Faith

DAG 2 VAN 4

Saaityd en Oestyd



As jy nie kan vlieg nie, hardloop. As jy nie kan hardloop nie, stap. As jy nie kan stap nie, kruip. Wat jy ook al doen, hou net aan vorentoe beweeg. — Martin Luther King, Jr.



Soms voel dit makliker om net moed op te gee, nie waar nie? Ons probeer en probeer en raak so moeg van al die probeerslae, veral as ons nie enige resultate of vrug op ons arbeid sien nie. Dan besluit ons om op te hou probeer, al hoop ons desperaat dat ons een of ander positiewe uitkoms sal sien. 



Ons "saai" óf goeie óf slegte dinge in ons lewe. Ons plant sade wat sal opkom en 'n goeie opbrengs lewer, of ons laat toe dat onkruid in ons lewens wortelskiet. As ons eerlik is, sal ons erken dat dit makliker vir onkruid is om in ons lewens wortel te skiet as vir plante wat vrug dra, nie waar nie? 



Galasiërs 6:9 sê: "Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes." (NLV) Dis moeilik om die regte ding te doen, te kies om aan te hou as ons nie resultate sien nie. As ons egter 'n "oes wil inbring", kan ons nie tou opgooi nie.



As jy net vir een week gimnasium toe gaan, sal jy nie 'n nuwe, gesonde liggaam kry nie. Ons moet dit aanhou doen, week na week, om die gevolge van ons harde werk te kan sien. Ons kan nie verwag dat ons gebroke huwelik sal herstel as ons net een dag vriendelik teenoor ons eggenoot is nie. Ons moet moeite doen en dag na dag in ons huwelik belê, en God ten volle vertrou om die verandering te laat gebeur. 



Jy oes nooit direk nadat jy iets geplant het nie. Boere weet dit. Hulle plant in een seisoen en oes tydens 'n ander seisoen. As jy dus wonderlike resultate in jou lewe wil sien, moet jy aanhou doen wat reg is. Jy kan nie moed verloor en nogtans 'n oes verwag nie. Dis so maklik om so te dink. Ons verwag dat God ons met 'n vrugbare lewe sal seën, terwyl ons lankal moed verloor het. Ons moenie mismoedig op hierdie reis raak nie, want ons sal oes wat ons saai. 



Die vraag is of jy sal aanhou?



Oordink

Watter soort vrug wil jy in jou lewe sien? Watter stappe kan jy doen om seker te maak dat jy dit eendag sal oes?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Growing Your Faith

Die Bybel het baie te sê oor hoe ons in geloof kan groei en ten volle aan Jesus toegewyd kan wees. Soos Hy ons van binne verander, nooi Hy ons uit om 'n deel van die proses te wees. In hierdie 4-dag leesplan sal ons diep...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid