Leesplan inligting

Groei in GeloofVoorbeeld

Growing Your Faith

DAG 1 VAN 4

Om God se Wil te Ken



Ons is in gevaar as ons buite God se wil lewe; as ons in sy wil lewe, is ons gevaarlik. — Erwin McManus 



Om in Christus te groei is om uit te vind dat ons ook 'n aandeel in die proses het. Ja, dit is die wonderbare krag van God wat ons verander, maar ons neem deel aan die veranderingsproses. Alhoewel God in ons lewe kan ingryp op só 'n manier dat ons niks hoef te doen nie, doen Hy dit nie; ons is vry om ons eie keuses te maak. 



Dikwels is ons ongeduldig en wil vinniger by die resultaat uitkom as wat redelik is. Ons wil goed voel en lyk, 'n week nadat ons in die gimnasium begin oefen het. Ons wil die suksesleer klim net 'n maand nadat ons begin werk het. Ons wil lewenslange vriende hê nadat ons pas 'n nuwe vriendskap aangeknoop het. Hierdie begeertes kan slegs tot vervulling kom nadat ons daaraan gewerk het. As ons lank en gereeld genoeg gimnasium toe gegaan het, hard aan ons loopbane gewerk het, en in vriendskappe belê het, dan sal ons resultate sien. 



Ons vind 'n soortgelyke voorbeeld in Romeine 12:2: "Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is." (NLV)



Dit klink wonderlik, né? Ons sal baie daarvan hou om te kan onderskei wat sy wil is, terwyl ons op die aarde leef. Hierdie vers sê dat ons dit werklik kan regkry. Ons moet egter kies om nie die wêreld se standaarde na te volg nie, maar eerder eers van binne-af verander te word. 



Dit klink 'n bietjie agterstevoor om te glo dat ons wel kan "onderskei" wat God se planne vir ons lewens is en dan ons lewens te lei soos ons wil, nie waar nie? As ons vir onsself leef en nie toelaat dat God ons lei nie, hoe is dit dan moontlik om te weet wat God se planne is? Dit beteken egter nie dat ons perfekte keuses maak wanneer ons Jesus volg nie. Dit beteken dat ons Jesus wel volg. As ons dit doen sal ons Hom vind, soos Jeremia 29:13 sê. Wanneer ons Hom dan vind sal ons begin sien wat sy planne en doel vir ons toekoms is. 



Laat ek dit duidelik stel: ons doen niks om ons redding te verdien nie. Jesus het dit eens en vir altyd aan die kruis gedoen. Maar wat groei in geloof betref, moet ons ons deel doen. 



Vir die volgende drie dae van hierdie leesplan gaan ons na ander Skrifgedeeltes kyk waar ons eers ons deel moet doen voordat ons die geestelike vrugte pluk.



Oordink

Voel jy dat jy die wêreldse standaarde navolg? Op watter gebiede in jou lewe ervaar jy dit? Vra God om jou te wys waar jy eerder die wêreldse manier volg as om God te soek.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Growing Your Faith

Die Bybel het baie te sê oor hoe ons in geloof kan groei en ten volle aan Jesus toegewyd kan wees. Soos Hy ons van binne verander, nooi Hy ons uit om 'n deel van die proses te wees. In hierdie 4-dag leesplan sal ons diep...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid