Leesplan inligting

Om Goddelike Doelwitte te StelVoorbeeld

Setting Godly Goals

DAG 6 VAN 7

Die lewe is kort. Hierdie wêreld is nie ons tuiste nie.


Hoekom bestee ons dan ons energie aan doelwitte waarvan die impak hier eindig?


Die waarheid is: jy sal altyd 'n geleentheid kry om die eer vir jou eie prestasies op te eis. Jy sal baie geleenthede kry om dit oor jouself te laat gaan.


Die sukses sal goed voel. Dit sal maklik wees om jouself te mislei deur te glo dat jy dit verdien het en dat die erkenning jou toekom.


Die werk wat jy egter doen sal ook aan jou 'n geleentheid bied om vir God die eer te gee.


Om die eer oor te dra sal waarskynlik jou verantwoordelikheid wees. Dit sal moed en nederigheid verg, maar ons moet onthou dat God se boodskap aan diegene om ons troebel word wanneer ons die eer vir onsself hou. 


Die keuse wat ons maak is belangrik. Dus, voordat die applous te aanloklik raak, kom ons spring onsself doelbewus voor met elke doelwit wat ons stel: 


Wanneer jy hierdie doelwit bereik, hoe gaan jy vir God die eer gee? 


Hoe gaan jy in jou strewe tot jou doelwit, doelbewus verseker dat jy diegene om jou deurgaans aan Jesus herinner terwyl jy werk?


Vader, ons dank U dat U gewillig is om ons te gebruik. Ons weet ons lewe hier is kortstondig en dat ons geskape is om aan U eer te gee. Ons weet U het vir ons die opdrag gegee om vir U te lewe en om andere van U te vertel. Ons smeek U — neem die eer vir alles wat ons hier doen. Gebruik ons, maar bly U in die kalklig. Ons is lief vir U. Amen.



Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Setting Godly Goals

Doelwitte is goed ... solank hulle ons in God se rigting stuur. Indien jy dit oorweeg om doelwitte vir jouself te stel, gebruik dan hierdie leesplan as riglyn om te verseker dat waarna jy streef jou op koers hou vir Chri...

More

Ons wil graag "she works HIS way" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.sheworksHisway.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid