Leesplan inligting

Om Goddelike Doelwitte te StelVoorbeeld

Setting Godly Goals

DAG 2 VAN 7

Twee woorde som Johannes se opdragte aan die skare op: Wees vrygewig.


Kom ons wees eerlik: In die beroepswêreld is dit 'n algemener praktyk om te gryp wat jy kan. Vrygewigheid is dikwels meer van 'n publisiteitsfoefie as 'n opoffering.


Die werklikheid is: as ons nie vrygewigheid 'n prioriteit maak terwyl ons doelwitte stel nie, sal ons waarskynlik in gierigheid verval. Dis tipies van 'n reis na méér wat nooit voel of dit genoeg is nie.


Ek hou van die prentjie wat Spreuke 31:20 skilder van 'n deugsame vrou wat vrygewigheid 'n prioriteit in haar lewe maak:



"Sy het 'n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges." 



'n Oop hand impliseer dat sy haar volle vermoë gebruik vir 'n spesifieke doel. Vrygewig beteken sy gee meer as wat gemaklik sou wees. 'n Direkte vertaling van hierdie vers sou lui dat sy "haar hande uitstrek na die behoeftiges", die meervoud "hande", vergeleke met "hand", toon vir ons dat sy nie net 'n bietjie gee nie, maar dat sy gee met alles wat sy het.


Die rede om doelwitte te stel, is om te groei, reg? Dus, as vrygewigheid ons verder as ons normale vermoëns laat strek, gaan vrygewigheid en Goddelike groei dan hand-aan-hand. 


Op watter maniere kan jy jou vrygewigheid hierdie jaar vermeerder? Neem 'n paar oomblikke en dink na oor hoe vrygewigheid deel van jou plan kan wees eerder as iets wat jou later byval.


Here, daar is geen twyfel dat U 'n vrygewige God is nie. Alles wat ons het behoort aan U. U het dit bloot aan ons toevertrou. Van ons talente tot by ons besittings en selfs ons lewe, Here; alles is gawes van U af. Help ons om u karakter so te weerspieël aan diegene om ons, deurdat ons vrylik gee en met oop hande en oop harte lewe. Ons vertrou U. Amen.  



Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Setting Godly Goals

Doelwitte is goed ... solank hulle ons in God se rigting stuur. Indien jy dit oorweeg om doelwitte vir jouself te stel, gebruik dan hierdie leesplan as riglyn om te verseker dat waarna jy streef jou op koers hou vir Chri...

More

Ons wil graag "she works HIS way" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.sheworksHisway.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid