Leesplan inligting

Om Goddelike Doelwitte te StelVoorbeeld

Setting Godly Goals

DAG 4 VAN 7

Die soldate wat Johannes toegespreek het, het in die Romeinse regering gedien. Daar is geen twyfel dat diegene in beheer van die soldate, magsdronk was nie, en weens hierdie leierskapstyl was die soldate bekend daarvoor dat hulle hul mag oor die mense misbruik het.


Die eindresultaat: Wanneer aardse mag misbruik word, kry mense seer. Om ons mag te misbruik, is 'n simptoom van die begeerte na meer mag, wat lei tot 'n onlesbare magsdors.


Geen bedrag geld sal jou bevredig nie. Geen posisie, applous, aantal volgelinge, ens. sal ooit genoeg wees nie.


Meer sal nie 'n aardse magstryd oplos nie, maar tevredenheid kan.


Tevredenheid is nie 'n bestemming wat ons bereik wanneer ons uiteindelik besluit ons het genoeg nie. Tevredenheid is 'n keuse dat, ongeag wat ons het, God genoeg is.


Die werklikheid is: God is vir die resultate verantwoordelik. Jou taak is gehoorsaamheid. Dis so eenvoudig. 


Hoe gaan dit die manier verander waarop jy te werk gaan om jou doelwitte te bereik as jy hier en nou besluit, ongeag die eindresultaat, sal jy vir God prys?


Of jy nou die doelwit behaal of dit mis, God het nie verander nie en is ons lof waardig.


Kom ons besluit om in Hom tevrede te wees en nie in ons omstandighede nie. 


Wanneer ons dit eers in ons gedagtes besluit het, is ons gereed om Goddelike doelwitte te stel.


Vader, help ons om na tevredenheid in U alleen te strewe. Openbaar meer van U aan ons. Laat ons meer na U en minder na hierdie wêreld verlang. Hou ons in die waarhede van u Woord geanker, ondanks die wêreld se geraas. Hou ons ver weg van die liefde vir geld en naby aan die rykdom van u liefde. Amen.



Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Setting Godly Goals

Doelwitte is goed ... solank hulle ons in God se rigting stuur. Indien jy dit oorweeg om doelwitte vir jouself te stel, gebruik dan hierdie leesplan as riglyn om te verseker dat waarna jy streef jou op koers hou vir Chri...

More

Ons wil graag "she works HIS way" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.sheworksHisway.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid