Leesplan inligting

Om Goddelike Doelwitte te StelVoorbeeld

Setting Godly Goals

DAG 1 VAN 7

Vra jy jouself af: Wat moet ek doen?


Ek kan raai dat jy nie hier sou gewees het as jy nie jouself daardie vraag afgevra het nie. Alhoewel daar niks mee verkeerd is om doelwitte te stel nie, is daar tog 'n paar dinge wat ons eers moet doen.


Die Bybel noem drie verskillende groepe mense (die skare, die tollenaars, en die soldate) wat almal vir Johannes die Doper dieselfde vraag gevra het nadat hulle sy boodskap gehoor het:


"Wat moet ons doen?" (Lukas 3:10, 12, 14)


Dieselfde vraag wat baie van ons heel waarskynlik aan die begin van 'n nuwe jaar, 'n kwartaal, maand, of sommer op 'n Maandag pla, is hier reg voor ons in die Woord van God. 


Wie was Johannes die Doper dan en wat het hy gesê wat tot hierdie vraag aanleiding gegee het?


Johannes die Doper was die eerste profeet wat na eeue weer verskyn het (Daar was 400 jaar van stilte na Maleagi en voor die evangelies van Matteus, Markus, Lukas en Johannes!). Hy het 'n welbekende boodskap van bekering van sonde gebring en daarmee saam 'n ernstige oproep om werklik vir God te leef.


Sy boodskap word goed saamgevat in Lukas 3:8a: "Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is."


Berou of bekering is nie slegs 'n gebed wat ons opsê of woorde wat ons uiter nie. Ons optrede is veronderstel om te toon dat ons anders leef wanneer ons vir God leef.


Dus, voordat ons besluit wat ons in die nuwe jaar wil bereik, gaan ons die volgende drie dae benut om Johannes se reaksies te ontleed.


Hy gee nie vir die skare 'n nuwe doelwit om te bereik nie; hy gee hulle 'n nuwe manier van lewe.


God se manier.


Indien ons hierdie jaar ons beste jaar ooit wil maak, moet ons iets anders doen. Dit beteken egter nie 'n nuwe besigheid, 'n nuwe produk of 'n nuwe diens nie.


In plaas daarvan om aggressief toegewyd te wees om 'n sekere doelwit te bereik, laat ons eerstens  toegewyd wees aan die manier waarop ons te werk gaan om ons doelwit te bereik.


Kom ons bid:


Vader, ek wil hê die doelwitte wat ek stel moet my liefde vir U weerspieël. Moenie toelaat dat ek die doelwitte wat ek stel, skei van hoe ek vir U lewe nie, maar laat my doelwitte ooreenstem met u sending. Here, maak my hart oop vir meer as wat ek wil hê. Maak my hart sowel as my hande oop om u werk te doen. Amen. 



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Setting Godly Goals

Doelwitte is goed ... solank hulle ons in God se rigting stuur. Indien jy dit oorweeg om doelwitte vir jouself te stel, gebruik dan hierdie leesplan as riglyn om te verseker dat waarna jy streef jou op koers hou vir Chri...

More

Ons wil graag "she works HIS way" bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.sheworksHisway.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid