Leesplan inligting

Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld

How Great Is Our God

DAG 6 VAN 7


KIEMERIGE KIEME!


Speeksel. Trane. Vel. Slym (ook bekend as snot). Selfs spesiale bloedselle. Hulle werk almal saam as deel van jou immuunstelsel om kieme te beveg.


Kieme is baie klein organismes - ja, hulle is lewendig! Hulle is so klein dat jy 'n mikroskoop nodig het om hulle te sien. Kieme val gedurig jou liggaam aan, hulle probeer om in te sluip deur jou oë en neus, snye en skrape en op baie ander maniere. Jou immuunstelsel werk hard om hulle te beveg. En as 'n kiem jou siek maak, hou jou immuunstelsel aan veg om jou liggaam gesond te maak.


Toe Jesus op aarde gelewe het, het Hy baie genesings gedoen. Mense met siektes van alle soorte het na Hom toe gekom. Een dag het vier vriende probeer om 'n verlamde man na Jesus te dra. Maar daar was so baie mense in die huis waar Jesus was, dat hulle nie eers kon inkom nie. In plaas van om op te gee, het hulle op die dak geklim, 'n gat gemaak en hulle vriend laat afsak - reg voor Jesus! (Lees daarvan in Lukas 5:17-26.) Jesus het daardie man genees, maar Hy het eers iets belangriker gedoen. Hy het gesê: "Jou sondes is vergewe." Hoekom? Omdat die siekte van sonde - al die verkeerde dinge wat ons gedoen het - baie ernstiger is as enige siekte van die liggaam. Ons liggame kan net hier op aarde siek wees, maar ons siele kan siek wees van sonde vir alle ewigheid. Jesus het gekom om ons te genees van ons sondes. So, as jy besef jy het sonde gedoen, wees soos daardie man en sy vriende - moenie dat enigiets jou keer om by Jesus te kom nie. Stop net daar waar jy is en vra Hom om jou te vergewe. Hy sal. Elke liewe keer (1 Johannes 1:19).


Hoe Groot!


Allergieë kom wanneer jou immuunstelsel deurmekaar raak. Soms dink dit "skadelose" goed, soos kat hare, grondboontjiebotter, eiers, of selfs blomme, is kieme, en begin dit beveg. Dit is wanneer jou oë jeuk of jou neus begin loop. Gelukkig het dokters maniere uitgevind om vir jou immuunstelsel te sê om te kalmeer!


Gebed


Here, dankie vir al die maniere waarop U my liggaam gesond en sterk hou. Maar meeste van alles, dankie dat U my gesondmaak van die siekte van sonde.


 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

How Great Is Our God

Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis tussen die natuurlike wêrel...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harpercollinschristian.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid