Leesplan inligting

Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld

How Great Is Our God

DAG 3 VAN 7



SÊ DIT IS NIE SO NIE



Olifante drink water deur hulle slurpe, soos met 'n strooitjie. Vlêrmuise is so blind soos 'n blinde mol. 'n Volstruis kruip weg deur sy kop in die sand te druk. As jy aan 'n padda vat, sal jy vratjies kry. Bulle storm as hulle rooi sien. 



Hoeveel van hierdie "feite" het jy al gehoor? Om die waarheid te sê, dis nie waar nie! Hier is die korrekte feite: Olifante suig net water op met 'n deel van hul slurpe en spuit dit dan in hul monde. Vlêrmuise gebruik meestal klank om te navigeer, maar hulle kan sien ook. Volstruise druk nie hulle koppe in die sand nie, maar hulle mag dalk op die grond neerslaan en maak asof hulle dood is. Nee, jy sal nie vratjies kry as jy aan 'n padda vat nie. En bulle sal die kleur rooi bestorm, maar ook blou, groen, geel, en enige kleur, as dit beweeg.



Ons hoor party goed so dikwels dat ons begin glo dit moet waar wees. Maar die ding is, hierdie wêreld - en die duiwel wat los loop daarin - hou daarvan om te lieg. Hy sê goed oor en oor soos: Jy is nie belangrik nie; Niemand gee regtig vir jou om nie; Jy is nie goed genoeg nie; Jy moet jou moeilikhede alleen in die gesig staar. Moenie dit glo nie! Bewapen jouself met God se waarhede, deur elke dag die Bybel te lees. Jy sal leer hoe spesiaal jy is, hoeveel God jou liefhet en dat jy nooit alleen is nie. Dan sal jy nie in die versoeking kom om die leuens te glo nie.



Hoe Groot!



Kyk self na sommige van God se kragtigste waarhede. God het jou gemaak en weet alles van jou (Psalm 139:13-14). God het jou so lief (Johannes 3:16 en 1 Johannes 3:1). God los jou nooit alleen om jou eie moeilikhede in die gesig te staar - of om jou vreugde te vier - nie (Matteus 28:20 en Josua 1:5).



Gebed



Here, ek hoor so baie verskillende goed oor wie ek is en wie U is. Help my om altyd te onthou om eers in u Woord seker te maak wat die waarheid is. Ek weet U sal nooit vir my lieg nie.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How Great Is Our God

Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis tussen die natuurlike wêrel...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harpercollinschristian.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid