Leesplan inligting

Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld

How Great Is Our God

DAG 4 VAN 7


TIFONE, ORKANE EN SIKLONE ... O MY WÊRELD!


Tifone, orkane en siklone ... wat is die verskil? Die plek, die plek, die plek! Dit is eintlik drie verskillende name vir een soort storm - 'n tropiese sikloon. In die Atlantiese Oseaan word hierdie soort storm 'n orkaan genoem. In die Suidelike Stille Oseaan is dit 'n sikloon. En in die Westelike Stille Oseaan is dit 'n tifoon.


Dit maak nie saak wat jy dit noem nie, tropiese siklone is kragtig. Hulle winde begin by omtrent 120 km per uur, maar kan tot meer as 240 km per uur versnel. Hulle laat branders breek teen die kuslyn, en die regtig sterkes kan bome ontwortel en geboue plat vee. Tropiese siklone kan strek van 96 tot meer as 1930 kilometer in die breedte, en hulle besit die krag van honderde donderstorms!


Dit is moeilik om jou selfs daardie soort krag voor te stel. Maar die krag van 'n tropiese sikloon is niks in vergelyking met die krag van ons God nie. Al wat Hy nodig gehad het om te doen, was om 'n woord te sê, en lig het oor die heelal geskiet, sterre het in die lug verskyn, water het vergader om oseane te vorm, berge het in plek geskuif, leeus het brullend tot lewe gekom en mense het op die aarde geloop. Toe het Hy gesê: "Dit is volbring," en sonde is weg gewas, die dood is oorwin en die Satan het vir ewig verloor (Johannes 19:30). Dit is krag. En dit is die God wat jou lief het en by die naam roep.


Hoe Groot!


In die Suidelike Halfrond (die deel van die aarde suid van die ewenaar), draai siklone kloksgewys, net soos die wysers van 'n horlosie. Maar in die Noordelike Halfrond (noord van die ewenaar) draai siklone anti-kloksgewys, die teenoorgestelde van die wysers van 'n horlosie. Dit word genoem die "Coriolis" effek, en dit word veroorsaak deur die aarde se rotasie. Sommige mense sê dit beïnvloed selfs die manier waarop water in 'n toiletbak draai - maar dit is net 'n mite!


Gebed


Here, U is so groot en so kragtig. U kan absoluut enigiets doen - en U ken steeds my naam. Ek lief dit omtrent U.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How Great Is Our God

Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis tussen die natuurlike wêrel...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harpercollinschristian.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid