Leesplan inligting

Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld

How Great Is Our God

DAG 1 VAN 7


OOR DIE REËNBOOG...... BERGE?


Wanneer jy die Reënboog Berge van China sien, mag jy dalk dink jy droom. Maar moenie jouself knyp nie! Hierdie kleurvolle, gestreepte berge is geheel en al werklik.


Hulle is gevorm toe verskillende lae sandsteen en minerale saam gedruk is onder die grond - en toe bo die grond uitgedruk is toe die tektoniese plate onder die aarde se oppervlak geskuif het. Die reënboog kleure is geskep toe die verskillende minerale binne-in die sandsteen met die lug in aanraking gekom en geöksideer het, of geroes het - net soos jou fiets sal roes as jy dit te lank buite los. Verskillende minerale het "geroes" in verskillende kleure, en dit gee ons die Reënboog Berge! 


Daardie reënboogkleurige berge mag jou dalk herinner aan 'n ander reënboog: die een wat God eens aan Noag gegee het. Ken jy die storie? Mense het so sondig geword dat niemand meer aan God of sy goedheid gedink het nie. Behalwe Noag. Noag het God werklik lief gehad. So, toe God 'n vloed stuur om die sondige lewende wesens wat die aarde gevul het te vernietig, het Hy Noag en sy gesin gespaar. Na die waters opgedroog het, het God belowe om nooit weer die hele aarde te oorvloei nie. En Hy het vir Noag 'n teken gegee van sy belofte: die reënboog. Nou, enige tyd wanneer jy 'n reënboog sien - in die lug of in 'n berg - kan jy nie net God se belofte aan Noag onthou nie, maar al sy beloftes. Want hulle is jou beloftes ook. En God sal elkeen van hulle hou. Dit is hoe groot ons God is!


Hoe Groot


'n Maanboog is soos 'n reënboog, behalwe dat dit deur die maan se lig geskep word in plaas van die son se lig. Maanboë is baie skaars. Wanneer hulle wel verskyn, is dit dikwels naby 'n waterval. Maanboë kan gesien word by die Cumberland Vallei in Kentucky en die Victoria Vallei in Afrika, wanneer die maan vol is.


Gebed


Liewe Here, die kleure van hierdie wêreld is ongelooflik om te sien. Maar selfs meer ongelooflik is al u beloftes aan my - en ek weet U sal elkeen van hulle hou.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How Great Is Our God

Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis tussen die natuurlike wêrel...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harpercollinschristian.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid