Leesplan inligting

Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld

How Great Is Our God

DAG 2 VAN 7


REËN OF SONSKYN


Uiterstes. Dit beteken dat iets so ver van gewoon is as wat jy kan kry. Soos woestyne en reënwoude. Woestyne kry minder as 254 mm reën in 'n jaar. Hollywood films vertoon woestyne as baie warm en droog, met kilometer na kilometer sandduine - en soms is dit so. Maar woestyne kan ook rotsagtig wees - en selfs ysig koud, soos die woestyne in die Suidpool en Noordpool. 


Reënwoude, aan die ander kant, kry meer as 1905 mm reën in 'n jaar. Nou, jy dink seker aan tropiese reënwoude soos die Amasone, maar daar is reënwoude oral in die wêreld in plekke soos Asië, Australië en die VSA. Reënwoude is gewoonlik baie warm en bedompig - en gevul met allerhande soorte plant- en dierelewe. 


Woestyne en reënwoude is uiterstes, maar die lewe kan ook uiterstes bevat. Sommige dae is soos om in 'n reënwoud te wees waar jy toe gegooi word met goeie dinge. Ander dae voel meer soos 'n woestyn, sonder 'n druppel geluk in sig! En wanneer jy 'n "woestyn"-dag beleef, is dit regtig moeilik om te verstaan hoekom die kind wat so gemeen met jou was, oorlaai word met goeie dinge. Maar onthou dit: God het elke persoon lief, selfs dié wat Hom nie liefhet nie. Seëninge mag dalk sy manier wees om hulle aandag te trek, sodat hulle kan leer om in Hom te glo. Wat jou "woestyn"-dae aanbetref, God belowe om dit vir jou beswil te gebruik (Romeine 8:28) - en dit is 'n groot seëning.


Hoe Groot!


Die dorpie Mawsynram het die eer om die natste plek in die wêreld te wees. Dit kry gemiddeld 11 862 mm reën elke jaar! Maar die Droë Valleie in Antartika is - jy het reg geraai - die droogste plek op aarde, met 'n gemiddelde reënval van  nul!


Gebed


Here, ek verstaan nie hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense en goeie dinge met slegte mense nie. Maar ek weet U het my lief en U seën my altyd - as dit reën en as die son skyn.


 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How Great Is Our God

Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis tussen die natuurlike wêrel...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harpercollinschristian.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid