Leesplan inligting

Hoe Groot Is Ons GodVoorbeeld

How Great Is Our God

DAG 5 VAN 7


GESKEP OM TE SKYN


Pollux (POU-laks) is die snaaks-klinkende naam van 'n baie helder ster. Dis meer as 33 ligjare van die aarde af. (Net een ligjaar is amper 10 triljoen kilometer, so Pollux is regtig, regtig ver!) Hierdie ster is wat wetenskaplikes 'n rooi reus noem. Reus omdat dit so groot is - omtrent 10 keer groter as ons son. Dit het selfs sy eie planeet waarom dit wentel. En rooi omdat dit besig is om homself stadig uit te brand, en dit gee 'n rooierige-oranje lig af. Maar Pollux is miskien die bekendste vir die manier waarop dit skyn - meer as 30 keer helderder as ons son. Vir duisende jare het seemanne die helder, blink ster gebruik om hulle te lei.


God het Pollux geskep om te skyn. Dit skyn nie heeltemal op dieselfde manier as die maan of die son nie, maar dit is steeds pragtig op sy eie manier, net soos alles wat God geskep het - veral jy. Nou, daar mag dalk iets omtrent jou wees wat jy dink nie so mooi of dienlik is nie. Maar probeer om so daaraan te dink: God het jou met 'n doel geskep, presies op die manier wat Hy jou wou hê, van jou kop tot by jou tone. En toe het Hy teruggestaan en gesê: "Manjifiek! Fantasties! Pragtig!" Jy is pragtig op jou eie asemrowende, wonderlike, deur-God-gemaakte manier. En net soos Pollux, het God jou gemaak om te skyn.


Hoe Groot!


Net soos Pollux se helder lig seemanne op hul roete lei, kan jy ander lei op hul pad na Jesus. Hoe? Wees vriendelik wanneer ander nie is nie. Wees hulpvaardig wanneer dit nie maklik is nie. Doen die regte ding wanneer ander dit nie doen nie. En wanneer mense jou vra hoekom jy so anders is, kan jy hulle vertel van die Een wat jy volg.


Gebed


God, leer my om die prag te sien wat U rondom my geskep het. En help my veral om die prag te sien wat U in my geskep het.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

How Great Is Our God

Hierdie leesplan, gebaseer op Louie Giglio se kinderoordenking, Hoe Groot Is Ons God: 100 Onbeskryflike Oordenkings Oor God en die Wetenskap, sal kinders help om die wonderbaarlike verbintenis tussen die natuurlike wêrel...

More

Baie dankie aan HarperCollins/Zondervan/Thomas Nelson wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.harpercollinschristian.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid