Leesplan inligting

BesittingsVoorbeeld

Belongings

DAG 7 VAN 7

5 Wenke om jou Lewe Silwerskoon te Maak


Lenteskoonmaak. Die tyd wanneer mense oral begin kaste skoonmaak, vloerlyste was en spense organiseer. Die minimalistiese beweging het ons drang om weg te gooi, verskerp. Ons is vasbeslote om onsself ruimte te gee om asem te haal, te skep en eenvoudig te wees. Dit is 'n wonderlike ding, regtig, en beslis nuttig.


Maar terwyl ons onder meubels stofsuig, matrasse omdraai en rommellaaie herrangskik — vergeet ons om voorraad van ons siele op te neem? Wat is meer belangrik: 'n skoon huis of 'n skoon hart? 'n Georganiseerde kas of 'n georganiseerde verstand? Hier is die ooreenkoms: lenteskoonmaak gaan nie net daaroor om die gemors te verwyder nie, maar om ons gedagtes te vernuwe.


Hier is 5 wenke om jou geestelike lewe so skoon soos jou huis in die lente te maak:


1. Verwyder. Wanneer iets in ons lewens skadelik is, soos muf of sonde, moet ons hard werk om daarvan ontslae te raak. Ons moet die negatiewe geklets stop, ons hardnekkige trots weggooi en weier om ou koeie uit die sloot te grawe.


2. Vervang. Uit met die oue; in met die nuwe! Maar hoe? Terwyl God ons red van giftige verslawings, gewoontes, verhoudings of selfs wettisisme, moet ons Hom toestemming gee om ons perspektiewe heeltemal te herbou.  


3. Herleef. Watter begrawe skat moet afgestof en uitgebring word sodat almal kan sien? Wat skuil in die duisternis wat in die lig behoort te skyn? Laat herleef dit wat bedoel was om in ere herstel te word.  


4. Verfris. Of dit nou jou huwelik, 'n vriendskap of selfs 'n werksverhouding is, ons het almal van tyd tot tyd tweede kanse nodig. Wie moet hoor dat jy jammer is? Wie moet weet jy vergewe hulle? Dit is tyd om te verfris wat jy wil laat floreer.


5. Herstel. Jy is nooit te sleg of te ver vir God om jou te verander in iets manjifieks nie. Dis wat Hy doen; dis wie Hy is. As jou lewe tans desperate herstel benodig, moedig ek jou aan om hierdie eenvoudige, dog kragtige woorde te bid: Skep in my 'n rein hart, o God. Vernuwe 'n lojale gees in my.


—Jenn


Lees meer oor goed, finansies en voorsiening by finds.life.church.   


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Belongings

Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid