Leesplan inligting

BesittingsVoorbeeld

Belongings

DAG 6 VAN 7

Hoe om vir God te Gee op 'n Beperkte Begroting



Ek was 18 toe ek die eerste keer gehoor het van 'n "tiende." Dit het oorweldigend voorgekom. Kon ek God regtig genoeg vertrou om tien persent van die inkomste uit my deeltydse werk by die kollege, vir my kerk te gee? Tien persent sou net ongeveer R105 per week wees. Wat kon God met so 'n klein bedraggie doen?



My pastoor sê toe iets wat ek nooit sal vergeet nie. Hy het gesê: "God wil nie meer ván jou hê nie, Hy wil meer vír jou hê." Eers het dit nie vir my sin gemaak nie. Hoe kon God iets vir my wou hê deur geld van my te vat? My probleem was dat ek vergeet het die geld was in die eerste plek nooit myne nie.



Hoekom kies mens om te gee? Omdat God die grootste gewer van alle tye is. Hy het ons skuld betaal deur Jesus te stuur om vir ons sondes te sterf. Dit is irrasionele vrygewigheid. Dus, wanneer ons kies om ons eerste en beste vir God te gee, word ons meer soos Hy.



Om 'n tiende te gee het niks met geld te doen nie. God het nie jou geld nodig nie, want Hy is God. En die kerk gebruik nie die Skrif om jou skuldig te laat voel sodat jy sal gee nie. 'n Goeie kerk stel belang in jou hart. Hoekom? Want God wil jou hart hê. Wat sê Jesus dus oor geld? 



Drie Dinge Wat Jesus Nooit Gesê Het Hoe om vir God Te Gee Nie:



1. As jy nie baie het om te gee nie, hoef jy nie te gee nie.



2. Jy hoef nie 'n tiende te gee as jy ander dinge doen, soos om te dien nie.



3. Jy kan geld liefhê solank jy My steeds liefhet.



Drie Dinge Wat Jesus Eintlik Gesê Het Hoe Om Vir God Te Gee:



1. 'n Beperkte begroting hoef jou nie te keer om 'n vrygewige lewe te lei nie. Daar is 'n verhaal in Markus waar Jesus ryk mans dopgehou het wat met hulle offergawes gespog het en 'n arm vrou wat 'n "misrabele twee sent" gegee het. Jesus sê toe die arm vrou het meer gegee, want sy het alles gegee wat sy gehad het. Die verhaal wys ons dat dit nie oor die grootte van die bedrag gaan nie, dit gaan oor die geloof wat ons het.



2. As ons meer soos Jesus wil word, kan ons nie die moeilike dele vermy nie. In Matteus 23 sê Jesus ons moet 'n tiende gee, maar nie vergeet van belangrike dinge soos geregtigheid en genade nie. Party mense beskou dit as toestemming om nie 'n tiende te gee nie, maar ek dink die teenoorgestelde is waar. Toe ek begin gee, wou ek meer dien. Ons kan nie kies watter weergawe van Jesus ons wil wees nie.



3. Liefde vir geld is die belangrikste mededinger vir ons gehoorsaamheid aan God. Wanneer ons op geld vertrou om te voorsien, maak ons van geld 'n afgod. Dit is hoekom Jesus gesê het ons kan nie God en geld dien nie. Ons kan nie verwag om ons geld op te gaar en steeds 'n vrygewige God tevrede te stel nie.



As jy skepties is om 'n tiende te gee, verstaan ek. Ek het egter nog nooit nader aan God gevoel as toe ek besluit het om Hom met my finansies te vertrou nie — selfs toe my finansies skaars 'n bruin brood kon koop. Moenie die leuen glo dat die kerk net geld van jou wil hê nie. Ons is die Kerk en God verwag vrygewigheid van ons.



—Alli 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Belongings

Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid